09-01-2022
DIE TYDLYN167: DIE 'ON' MEETLIKHEID VAN GOD SE HEERLIKHEID
Paulus se damwal van waardering breek, as hy die diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God - wat hy ontdek het, besing! Daarom kan hy nie anders as om homself te gee om bewoon en verander te word deur die Woord/God nie.
02-01-2022
DIE TYDLYN 166: DIE WOORD VAN DIE GELOOF.
2022 het soos ander/alle jare die potensiaal om geseënd en vervuld te wees. Die sleutel is die oortuiging van God se bedoeling wat deur die blootstelling aan die Woord in 'n mens se lewe vestig.
26-12-2021
DRAAI DIE GETY IN JOU LEWE
Lig jou denke, laat Christus se Lewende Water deur jou stroom en verander so die gety in jou lewe.
19-12-2021
DIE TYDLYN 165 - DIE VOLK VAN GOD
Die Nuwe Testament "volk van God" is dit deur die geloof. Die hele Skrif is 'n afbeelding van twee groepe: Die wat glo en die wat volhard in eie poging. Die herhaalbaarheid van die Bloedriviere in ons lewens hang van geloof af.
12-12-2021
DIE TYDLYN 164 - DIE KINDERS VAN GOD
Ons kyk na die kenmerke van die kinders van God. Dit waarvoor die skepping wag.
05-12-2021
DIE TYDLYN 163: WIE IS DIE KINDERS VAN GOD?
Om 'n impak uit te oefen op die verwagting van die skepping moet die definisie van kinders van God meer wees as wat net die "aanneem" van Joh 1:12 vir so baie is.
28-11-2021
DIE TYDLYN 162: WANNEER SPANMAATS OPPONENTE WORD.
Wanneer vlees, in Paulus se definisie, eie poging, heers in my lewe, skei dit my van God (die loon vd sonde is die dood) en dan word, uit die skeiding, werke van die vlees geproduseer. Die eerste vlees is eie poging, die 2e is die vrugte van eie poging wat kom agv die verwydering tussen my en God se Gees.
21-11-2021
DIE TYDLYN 161: VLEES EN GEES - OPPONENTE OF SPANMAATS?
Paulus se betoog is teen die mens se eie futiele poging om waardigheid voor God te probeer verdien deur die werke van die Wet. Wanneer hy van vlees praat bedoel hy eie poging teenoor Gees - God se sukses teen sonde deur die offer van Sy Seun. Lees ons Romeine 8 in die lig besef ons dat ons stryd nie teen ons liggaam en biologiese lewe en behoeftes is nie, maar teen die trots wat geregtigheid deur geloof weerstaan en daarop aandring om deur die wet waardigheid te probeer verdien.
14-11-2021
DIE TYDLYN 160: Bekering - Die Sleutel tot die lewe.
Ons het saam met Christus gesterf, is dus vry om aan 'n ander te behoort. Die' ander' is die wet van die Gees van die Lewe. In hierdie bestel is geen veroordeling nie. Die groter genade is die oorwinningslewe wat ten spyte van aanslae van buite my lewe bestuur. Bekering, om saam met God oor myself te dink, laat my die dinge van die Gees bedink; onder andere dat die Gees wat in my woon dieselfde Gees is wat Jesus uit die dood opgewek het.
07-11-2021
“Wat is waarheid ? “
GOD se liefdes droom en hart vir die mens is onveranderlik en van ewigeid af dieselfde ❗️
Om nou self te DROOM en GOD se WAARHEID my eie te maak is om SY waarheid , my WAARHEID te maak .
Hoe ?
“ fokus op wat jy reeds ontvang het “