die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
Filter media by:
01-03-2026
Duration: 1 hr 7 mins
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS (3) Met die bril van die geregtigheidsmodel sien ons God vir wie Hy is..Liefde en alles wat daarmee saamhang. Dit klaar vir ons die onduidelikheid en 'teenspraak' op wat ons in die Skrif lees ten opsigte van Liefde se werkswyse.
22-02-2026
Duration: 1 hr 1 min
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS (2) Ons het nodig om alles wat ons geleer het weer te bekyk met die bril van die Geregtigheidsmodel teenoor die sondaarsmodel en die uitkomste te vergelyk.
15-02-2026
Duration: 53 mins
HY IS JOU WEG, WAARHEID EN LEWE. In en met Jesus kan ons elke tree van ons reis in Sy Waarheid gee en die ware lewe geniet.
08-02-2026
Duration: 1 hr 5 mins
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS. JOH 16:12 se belofte het waar geword dat die Heilige Gees ons in die waarheid sal onderrig soos wat ons daarvoor gereed is. So verstaan ons die Evangelie soveel beter met nuwe insig en het ons terminologie verander.
01-02-2026
Duration: 1 hr 5 mins
DIE NUWE GEBOORTE Om volgens die godsdiensmodel "wedergebore" te word is afhanklik van die mens wat tot bekering moes kom (ophou om sekere dinge te doen en ander werke te begin doen) en hulle sondes bely(opnoem) en Jesus aanneem. Die woord "wedergeboorte" in die oorspronklike is "van bo gebore" - Joh 3:5; 1Pet 1:3 & 23 wat dui op die feit dat ons na Jeus se opstanding in geregtigheid gebore is. Nie meer uit die verganklike saad van Adam nie (Rom 5:12) maar uit die onverganklike "saad" van die laaste Adam.
25-01-2026
Duration: 48 mins
'N LEWE VANUIT VERHOUDING (Wat is in jou glas?) Begryp die volle betekenis van 'n lewe IN Jesus en leef vanuit 'n intieme verhouding.
18-01-2026
Duration: 1 hr 7 mins
VERHOUDING EN INTIMITEIT 18/01/26. Sinvolle verhouding word gebou op kennis(waarheid) aangaande die karakter van die Een met wie ek in verhouding is. Hoe nader ons aan mekaar kom, hoe meer is sigbaar, is ons ontbloot. Die hoogtepunt van intimiteit is die ontploffing van saadstorting waarvoor ek, soos die vrou in die huwelik met haar man, in my huwelik met God die eirsel en die baarmoeder voorsien vir God se Saad/Woord om te groei.
11-01-2026
GENESING EN DIE VOLWASSE MAN. Ons begeer gesondheid, sukses, veiligheid en en gesonde vervulde verhoudings en die versoeking is om dit die fokus van ons gebedslewe te maak - gebed = om te wens - maar soek ons God vír wie Hy is of soek ons Hom vír al hierdie dinge. Sy belofte is dat die dinge bygevoeg word as ons eers die koninkryk soek. Genesing is nie vir God om te doen nie, dis vir ons om te ontvang - reeds vóór ons siek is!
04-01-2026
Duration: 1 hr 2 mins
'N JAAR VAN VETTIGHEID. Jes 54-55 Vir die volwasse man lê daar 'n heerlikheid voor. Daarom die uitnodiging: Jubel! Span jou tentpenne wyd! Jou Maker is jou man! Verhouding/ huwelik roep na intimiteit Dit 'reboot' die deelnemers en die verhouding! Die volwasse mens keer telkens weer terug na hierdie intimiteit. Dis waar saad oorgedra word - en meer as dit: krag en energie = Woord, waardeur ons bemagtig word en voortplant.
28-12-2025
DIE WOORD VD GELOOF WAT ONS VERKONDIG. (Rom 9-11). God het Sy Woord volbring/verkort in geregtigheid. Die openbaring en ontvangs van God se geregtigheid maak korte mette met my verlede. Maar die oortuiging word deur die lankmoedigheid van God nie afgedwing nie. Daarom dat reeds 2000 jaar na Sy opstanding daar nog mense is wat hulle steeds nie laat oortuig nie. God praat ons nie om nie, Hy wil hê dat elke mens tot oortuiging kom. Dit is hoe liefde werk - op sy eie tyd! Gebed is in essensie 'n begeerte na God.