die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
Latest sermons by
05-04-2026
Duration: 1 hr 11 mins
EVOLUSIE VAN KENNIS (7) - DIE DOOP Sondaarskap voor God is reeds 'n ontkenning van die opstanding. Met die verkeerde vertrekpunt moet argumente gevind word om die besprinkeling te probeer regverdig wat tot verdere verbuiging van die Bybelse teks lei. Selfs die sg.groot doop is in vele gevalle die OT doop van Johannes. Daar is slegs een doop - die identifikasie met Jesus se sterwe, begrafnis en opstanding. Dit behoort deel te wees van "wees" en nie 'n doen ding nie.
01-04-2026
Duration: 1 hr 8 mins
WOORDEVOLUSIE 6: GEES, SIEL EN LIGGAAM. Mens is gees, het 'n siel en woon in 'n liggaam (1Thess5:23) of: Mens is siel(wat 'gees' insluit) en liggaam. Die inwoning van God se Gees voltooi Gees(Heilige Gees) siel en liggaam.(1Thess 5:23 en Joh 3:4)! Die uitkoms verskil geweldig.
22-03-2026
Duration: 57 mins
DIE EVOLUSIE VAN (ONS) KENNIS (5) HEMEL EN HEL {JAN BRAND} In die sondaarsmodel is dit 'plek /plekke. In die gergtigheidmodel is hemel 'n toestand waarin ek reeds lewe Joh 17:3
19-03-2026
Duration: 1 hr 12 mins
20260319 - HEROPNAME - DIE EVOLUSIE VAN (ONS) KENNIS (4) WIE IS IN BEHEER {JAN BRAND} "DIE HERE IS IN BEHEER". Dit is n algemene stelling in Christen kringe maar is 'n direkte aanklag teen God vir al die boosheid en wanorde in die wêreld. God het die beheer/gesag aan Adam oorgegee wat dit aan Satan, "die owerste van hierdie wêreld" Joh 14:30 geabdikeer het. Jesus het dit vir die mens kom terugwen maar Adam se swak keuse word deur die NT mens herhaal. Daarom dat:! "Die hele wêreld in die mag van die bose lê" 1 Joh 5:20
15-03-2026
Duration: 1 hr 13 mins
WIE IS IN BEHEER ( klank gebroke) - JAN BRAND Die EVOLUSIE VAN (ONS) KENNIS. "DIE HERE IS IN BEHEER". Dit is n algemene stelling in Christen kringe maar is 'n direkte aanklag teen God vir al die boosheid en wanorde in die wêreld. God het die beheer/gesag aan Adam oorgegee wat dit aan Satan, "die owerste van hierdie wêreld" Joh 14:30 geabdikeer het. Jesus het dit vir die mens kom terugwen maar Adam se swak keuse word deur die NT mens herhaal. Daarom dat:! "Die hele wêreld in die mag van die bose lê" 1 Joh 5:20
01-03-2026
Duration: 1 hr 7 mins
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS (3) Met die bril van die geregtigheidsmodel sien ons God vir wie Hy is..Liefde en alles wat daarmee saamhang. Dit klaar vir ons die onduidelikheid en 'teenspraak' op wat ons in die Skrif lees ten opsigte van Liefde se werkswyse.
22-02-2026
Duration: 1 hr 1 min
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS (2) Ons het nodig om alles wat ons geleer het weer te bekyk met die bril van die Geregtigheidsmodel teenoor die sondaarsmodel en die uitkomste te vergelyk.
08-02-2026
Duration: 1 hr 5 mins
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS. JOH 16:12 se belofte het waar geword dat die Heilige Gees ons in die waarheid sal onderrig soos wat ons daarvoor gereed is. So verstaan ons die Evangelie soveel beter met nuwe insig en het ons terminologie verander.
01-02-2026
Duration: 1 hr 5 mins
DIE NUWE GEBOORTE Om volgens die godsdiensmodel "wedergebore" te word is afhanklik van die mens wat tot bekering moes kom (ophou om sekere dinge te doen en ander werke te begin doen) en hulle sondes bely(opnoem) en Jesus aanneem. Die woord "wedergeboorte" in die oorspronklike is "van bo gebore" - Joh 3:5; 1Pet 1:3 & 23 wat dui op die feit dat ons na Jeus se opstanding in geregtigheid gebore is. Nie meer uit die verganklike saad van Adam nie (Rom 5:12) maar uit die onverganklike "saad" van die laaste Adam.
18-01-2026
Duration: 1 hr 7 mins
VERHOUDING EN INTIMITEIT 18/01/26. Sinvolle verhouding word gebou op kennis(waarheid) aangaande die karakter van die Een met wie ek in verhouding is. Hoe nader ons aan mekaar kom, hoe meer is sigbaar, is ons ontbloot. Die hoogtepunt van intimiteit is die ontploffing van saadstorting waarvoor ek, soos die vrou in die huwelik met haar man, in my huwelik met God die eirsel en die baarmoeder voorsien vir God se Saad/Woord om te groei.