Waarom is Evangelie sulke goeie nuus?
Dit dra die herstel van ‘n onbelemmerde verhouding in vrymoedigheid
tussen my en God. Dit deel met my verlede. Dit Koppel my aan God se
hoopvolle toekoms vir my – hier en nou!
Ons beloofde land is nie die hemel nie. As God ons in die hemel wou hê, waarom stuur Hy ons dan aarde toe?
Sy plan is dat ons met die Heilige Gees sal wandel in blydskap en
vervulling en sal heers in gesag, hier op aarde – ons beloofde land.
In die hemel gaan daar geen siekte, tekorte en gevaar wees nie! Ons gaan daar ook nie in die huwelik uitgee nie!
Genesing (gesondheid), voorsiening en beskerming het Jesus vir ons op
Golgota verdien, vir die aarde – dit gaan in elk geval in die hemel
oorbodig wees!
Net so is ‘n gelukkige huwelik vir nou, in hierdie lewe.
Hierdie boek is praktiese handleiding vir ‘n lewe van oorwinning – reeds hier op aarde – in intimiteit met die Heilige Gees.
“naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart” ( Rom 10 : 8 )
koop