die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

WELKOM BY ONS GEMEENTE

Die Christus Gemeente in Vaalharts het in 1985 ontstaan uit die openbaring van die Geregtigheid van God –
die ware en volle implikasie van die offer van die Seun van God, Jesus Christus, op Golgota. Met hierdie openbaring
in hul harte het Jan en Henda Brand hulle denominasionele bande met die tradisionele kerk verbreek en in hul
sitkamer as gesin begin om die Woord te oordink en te ondersoek

MEER OOR ONS
SKAKEL IN BY ONS

KAMPE

Die Christus Gemeente in Vaalharts is die tuiste van Goeie Nuus Kampe. Die gemeente het ontstaan uit die openbaring van die Geregtigheid van God. (2 Kor 5:21: “God het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak sodat ons kon word die geregtigheid van God in Hom”)

Die oogmerke van die kampe is:

  • Om die Evangelieboodskap te verkondig uit die openbaring van die Geregtigheid van God.
  • As instrument om uit te reik na ander, om mense die geleentheid te gee om ‘n ingeligte besluit te maak t.o.v waarvan hulle aangaande God en Sy Seun, Jesus Christus oortuig is. Die fokus is op wat Jesus kom doen het en wat die ware uitkoms is van Sy lewe as offer.
  • Om die broederskap te bevestig en uit te bou.
GEMEENTE AKTIWITEITE

KONTAK ONS

- boeke -

Kamp datums

Vrouekamp : ​06 / 07 / 08 Februarie 2026
Mannekamp :​ 13 / 14 /15 Maart 2026
Parekamp : ​15/ 16/ 17 Mei 2026
Vrouekamp : ​28 / 29 / 30 Augustus 2026
Mannekamp : ​18 / 19 / 20 September 2026
Parekamp : ​23 / 24 / 25  Oktober 2026
Jeugkamp : ​27 / 28 / 29 November 2026
Meer oor ons kampe Registreer aanlyn