Die Christus Gemeente in Vaalharts is die tuiste van Goeie Nuus Kampe. Die gemeente het ontstaan uit die openbaring van die Geregtigheid van God.
(2 Kor 5:21: “God het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak sodat ons kon word die geregtigheid van God in Hom”)
Die oogmerke van die kampe is:
Ons doen dit deur naweekkampe aan te bied waartydens ons die boodskap van die Geregtigheid van God vanuit die Skepping tot vandag in 7 lesings oorsigtelik opsom.
Almal wat soos ons oortuig is word genooi om hierdie platvorm te gebruik om hulself te vestig in die Skrifte en tegelyke tyd ander te nooi om hulle aan die boodskap voor te stel. Aan die einde van elke lesing het ons gewoonlik ‘n kleingroepie waarin die inhoud van die lesing bespreek word.
Die totale inhoud van die kampe is in boekvorm beskikbaar onder die titel:
Die Geregtigheid van God.
Die skrywer is Jan Brand. Boek kan aanlyn bestel word by www.goeienuus.co.za of Tel 0825742721.
Hierdie is die eerste van sy soort as virtuele aanbieding. Enige iemand is welkom om dit af te laai, daarna te kyk of te luister en dit ook aan te stuur. U is baie welkom om kommentaar en vrae wat mag opduik met ons te kommunikeer op hierdie platvorm. Ons sal graag met u in gesprek wil tree.
Die gedagte is om na ‘n week of twee die vrae in ‘n addisionele sessie te beantwoord sodat almal daarin deel kan hê.
Lekker kyk, Jan Brand