die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

die avonture van gertjie die geitjie

DIE AVONTURE VAN GERTJIE DIE GEITJIE  (DIE SKEPPINGSDOEL) deur  Johan Pienaar.

Hierdie is die eerste van ‘n reeks stories en aktiwiteite vir ouderdom ses tot tien. “Die Skeppingsdoel” handel oor die DOEL waarvoor God ons geskep het, die gevolg van Adam en Eva se keuse en God se liefdeshart.  

Die Leser gaan saam met Gertjie die Geitjie, Pieter, Karen en Klein Kareltjie ontdek hoe die mensdom van vlekkeloos en vry geval het na sonde en slaafskap, maar dat Jesus ons vrygemaak het om onbeskaamd in ‘n liefdesverhouding met Hom te wees.  

Die boek is so saamgestel dat dit met gemak gebruik kan word in die huis, maar ook as materiaal vir junior klasse in kerke en skole.