11-01-2026
GENESING EN DIE VOLWASSE MAN. Ons begeer gesondheid, sukses, veiligheid en en gesonde vervulde verhoudings en die versoeking is om dit die fokus van ons gebedslewe te maak - gebed = om te wens - maar soek ons God vír wie Hy is of soek ons Hom vír al hierdie dinge. Sy belofte is dat die dinge bygevoeg word as ons eers die koninkryk soek. Genesing is nie vir God om te doen nie, dis vir ons om te ontvang - reeds vóór ons siek is!
04-01-2026
'N JAAR VAN VETTIGHEID. Jes 54-55 Vir die volwasse man lê daar 'n heerlikheid voor. Daarom die uitnodiging: Jubel! Span jou tentpenne wyd! Jou Maker is jou man! Verhouding/ huwelik roep na intimiteit Dit 'reboot' die deelnemers en die verhouding! Die volwasse mens keer telkens weer terug na hierdie intimiteit. Dis waar saad oorgedra word - en meer as dit: krag en energie = Woord, waardeur ons bemagtig word en voortplant.
28-12-2025
DIE WOORD VD GELOOF WAT ONS VERKONDIG. (Rom 9-11). God het Sy Woord volbring/verkort in geregtigheid. Die openbaring en ontvangs van God se geregtigheid maak korte mette met my verlede. Maar die oortuiging word deur die lankmoedigheid van God nie afgedwing nie. Daarom dat reeds 2000 jaar na Sy opstanding daar nog mense is wat hulle steeds nie laat oortuig nie. God praat ons nie om nie, Hy wil hê dat elke mens tot oortuiging kom. Dit is hoe liefde werk - op sy eie tyd! Gebed is in essensie 'n begeerte na God.
21-12-2025
REGSTELLENDE AKSIE EN BEMAGTIGING (3). Die gelykenis deel verkillende talente aan verskillende persone. Die minimum talent is een - die belangrikste, wat alle ander (soveel meer as net die 5) ontsluit! Die talent is geloof wat in gewilligheid ontvang word.
14-12-2025
REGSTELENDE AKSIE EN BEMAGTIGING (2) (JAN BRAND)
Om reg te laat geskied aan God se regstelling deur Sy Seun het ons nodig om tot oortuiging te kom van dit wat afgehandel is (ons geregtigheid voor God) en die talente, verál die eerste van alle talente te gebruik. Reg deur die Skrifte vanaf Kain en Abel deur Moses en die OT tot vandag toe erken God die mens se besluit - God se voorneme en verkiesing werk deur die mens se keuse; sy aanvaarding of verwerping van God se Liefdesoffer.
07-12-2025
REGSTELLENDE AKSIE & BEMAGTIGING (1) STRYD: LIG VS DUISTERNIS (JAN BRAND)
Ons is in SA met die terme bekend sedert 1994. Die verkiesing moes almal gelyk stel en aan elkeen die geleentheid gee om sonder beperking deel te neem aan die ekonomie van die land. 'n Soortgelyke regstelling het plaasgevind 2000 jaar gelede met Jesus se sterwe en opstanding. Daarmee het God ons weer reggestel aan Sy beeld en gelykenis en ons bemagtig tot onbeperkte deelname aan die koninkryk van God op aarde. Beide die prosesse is gekaap - God se regstelling deur godsdiens, wat mense in jul eie gemoed sondaars gehou het en hulle so ontmagtig het om deel te wees van die koninkryk. Netso in SA met die politici wat mense in hul eie gemoed gevange hou as benadeeldes/ agtergeblewenes en hulle so verlam om aan die ekonomie deel te neem. Uiteindelik geld die reël: jy is 'n slaaf van die een wat jy glo!
30-11-2025
MY HERE EN MY GOD
Is die Groot EK IS werklik jou Here en jou God?
23-11-2025
KINDERDIENS: 'N HUIS WAT BLY STAAN
Wanneer ons dit wat ons van Jesus leer in ons lewens toepas, sal ons in goeie en slegte tye staande bly.
09-11-2025
GENADE
Genade is God se onverdiende guns waarmee Hy vir ons geregtigheid voor God verdien het. Ons kan dus sê: Geregtigheid is die gawe van God se genade. Maar: Geregtigheid (genade) is nie redding nie. Redding is wanneer ek die gawe van die genade deur geloof omhels! Ek kan die genade verwerp, dit tevergeefs ontvang, daarin veragter, dit verander in ongebondenheid of selfs verag of smaad, of ek dit omhels en die volle som en betekenis daarvan beleef - in lewe en in sterwe.
02-11-2025
VERHOUDING DEUR GEREGTIGHEID (3) - DIE WÊRELD (GOD;SELF;WÊRELD)
Jy kan die verhaal van jou lewe heeltemal verander deur met God saam te stem oor wie jy in Christus is, en om in jou nuwe identiteit te leef.