die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
DIE WOORD VD GELOOF WAT ONS VERKONDIG. (Rom 9-11). God het Sy Woord volbring/verkort in geregtigheid. Die openbaring en ontvangs van God se geregtigheid maak korte mette met my verlede. Maar die oortuiging word deur die lankmoedigheid van God nie afgedwing nie. Daarom dat reeds 2000 jaar na Sy opstanding daar nog mense is wat hulle steeds nie laat oortuig nie. God praat ons nie om nie, Hy wil hĂȘ dat elke mens tot oortuiging kom. Dit is hoe liefde werk - op sy eie tyd! Gebed is in essensie 'n begeerte na God.