07-11-2021
“Wat is waarheid ? “
GOD se liefdes droom en hart vir die mens is onveranderlik en van ewigeid af dieselfde ❗️
Om nou self te DROOM en GOD se WAARHEID my eie te maak is om SY waarheid , my WAARHEID te maak .
Hoe ?
“ fokus op wat jy reeds ontvang het “
31-10-2021
159: DIE NUWE HUWELIK
Rom 7: Die OT mens en die wat NT steeds aan die sondaarmodel uitverkoop is besef nie dat hul insluiting in Christus hulle vrygestel het van hul kontraktuele ooreenkoms (huwelik) met die wet en sonde nie. Daarom roep die mens: "Ek ellendige mens, wie sal my verlos?“
Die wat die veel meer waarde van Jesus se gehoorsaamheid teenoor Adam se misdaad omhels het kan se: Goddank deur Christus is ek verlos!
24-10-2021
DIE TYDLYN 158 - GOD SE OMKEERSTRATEGIE.
Die mensdom is deur Adam se oortreding in sonde gedompel - na die val, in sonde ontvang en gebore. Babas was dus sondaars voordat hulle gesondig het. Netso het Jesus se bloedoffer ons regverdig voor God gestel voordat ons opgehou het om te sondig.
17-10-2021
DIE TYDLYN 157: DIE VRUG VAN GEREGTIGHEID.
Wanneer ons tot oortuiging kom van wie Jesus regtig is (ons geregtigheid) en wie ons voor God is deur Sy soendood, betree ons die oorwinningslewe en volg vrede, heil, heerlikheid en lof in die spore van die vervulde beloftes in ons lewens.
10-10-2021
156: VAN GEREGTIGHEID TOT REDDING
Paulus gebruik Abram as voorbeeld: God het hom regverdig gereken en eers 13 jaar later het die besnydenis gevolg voordat hy die belofte in besit kon neem. Netso met ons: God het ons in Christus regverdig (Sy geloof). Ons oortuiging daarvan volg en vestig die Heilige Gees as inwonend in ons, die beeld vd besnyddnis in Abraham se geval.
03-10-2021
DIE TYDLYN 155: DIE GELOOF WAT ONS REGVERDIG.
Geregtigheid is vir ons verdien deur Jesus se geloof alleen. Die ontvangs van geregtigheid red ons vd verkeerde (sondaars-) denke oor onsself en aktiveer die nuwe identiteit en die lewe en oorvloed. Daarvoor is oortuiging (ons geloof) nodig.
26-09-2021
DIE TYDLYN 154: DIE SKAAMTELOSE EVANGELIE -'n Evangelie waarvoor mens jou nie hoef te skaam nie.
Paulus se brief aan die gemeente in Rome. Sy aanhef is dat die openbaring van die Geregtigheid van God die krag vd Evangelie is. Sy Seun het die toorn oor sonde gedra om die mensdom te regverdig.
19-09-2021
DIE TYDLYN 153: DIS SALIGER OM TE GEE/ONTVANG?
Ek moet eers ontvang om werklik iets te hê om te gee. Die belangrikste is waardigheid, anders sal my "gee" 'n werk van die vlees wees. Ware gee is 'n vrug van verhouding.
12-09-2021
TERMOMETER VERSUS TERMOSTAAT.
Ontdek die Vrede, Vervulling en Oorwinning van 'n termostaat-lewe.
05-09-2021
DIE TYDLYN 152: DIE WAPENS VAN ONS STRYD
Die stryd om aardse heerskappy begin by ons gedagtes en vestig uiteindelik op grond van wat ons dink. Net ek beheer my gedagtes. Uiteindelik word dit die verskil tussen dood en lewe.