Nuutste Woordopnames
by Jan Brand
{ccconsent}{/ccconsent}
DIE TYDLYN 171: ONDER WIE SE GESAG IS JY?
Paulus is op pad Rome toe, onder Romeinse gesag deur nie na die waarskuwings van die Gees te luister nie. Tog bly God getrou - hy neem gou die leierskap op die skip oor sonder om die kaptein te onttroon. Uiteindelik in Rome word hy onder huisares geplaas en skryf vandaar sy briewe aan die gemeentes in Kolosse, Efése en aan Filemon.
Die gemeente in Kolosse worstel met valse leringe wat Jesus se Goddelikheid en verlossing aantas met 'n bydrae van die mens se kant. Paulus verdedig die Evangelie van waarheid.
Duration:54 mins