29-05-2022
DIE TYDLYN 183: PAULUS AAN DIE FILIPPENSE (2)
BELOFTES HET VOORWAARDES
FIL 1:6 is waar van God se kant af soos Dawid in Ps 23:6 sê: Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe. Maar dit is afhanklik van die mens se wandel met God. Netso; openbaring kom van 'n intieme wandel met God.
22-05-2022
DIE TYDLYN 182:PAULUS SE BRIEF AAN DIE FILIPPENSE
Paulus se getuienis en lering daag ons uit om te besin oor ons eie lewe en verhouding met waarheid. Om onsself te gee vir waarheid en dit te ondersoek vermeerder ons liefdes ervaring g deur kennis en ervaring!
15-05-2022
Beleef die onveranderlikheid van God en floreer in elke seisoen!
08-05-2022
DIE TYDLYN 181 - Die Huwelik - model van 'n vervulde verhouding. (Efésiërs 6)
Paulus sluit sy brief af deur die huwelik as model van verhouding te gebruik. God het die mens geskape met 'n liggaam wat behoeftes het, wat net vervul kan word in 'n liefdesverhouding, 'n verwysing na Sy verhouding met die mens.
01-05-2022
DIE TYDLYN 180 - WAARDIGE WANDEL
Om waardig te wandel is nie 'n lys van moet en nie moet doen nie. Dit word dikteer uit verhouding en is 'n vrug van verhouding. My wandel is soos saad wat 'n opbrengs in my lewe gaan hê.
24-04-2022
DIE TYDLYN 179: - (EFÉSIËRS 5) DIE VOLWASSE MAN.
Vir die gemeente om te funksioneer het elke individu nodig om te groei tot die volwasse man (geestelik). Die sogenaamde 5 voud bediening is 'n totdat bediening. Totdat ons almal kom tot die volwasse man...
Dit is vir elkeen om sy volle potensiaal te bereik.
17-04-2022
"Jou lewensverhaal - 'n storie met Goddelike impak."
Gewortel in God kan ons onsself sien soos Hy ons sien en 'n lewensverhaal skryf ver bo wat ons kan dink.
10-04-2022
DIE TYDLYN 178: EFÉSIËRS (4) DIE WAPENRUSTING
Gelaai met die volheid van die Godheid kan ons ons eie heil uitwerk van binne. Die wapenrusting is nie vir oorlog nie, die is klaar deur Christus vir ons gewen, elkeen is nodig om ons te bemagtig tot die uitleef van die lewe en oorvloed.
03-04-2022
DIE TYDLYN 177: EFESIERS (3)
*SODAT NOU, DEUR DIE GEMEENTE... * Paulus se gesprek met God en die gemeente oor die onmeetlike potensiaal in elkeen van ons - dus ook in ons almal saam kollektief.
27-03-2022
DIE TYDLYN 176: EFÉSIËRS 2 "ONS" GEHERDEFINIEER.
Die skeiding wat sonde gebring het tussen mense is met Jesus se offer opgehef. Dieselfde prys is vir alle mense betaal.