die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Error

The teacher you requested is not available.

Nuutste Woordopnames

Latest sermons by
15-08-2021
Duration: 1 hr 0 mins
DIE TYDLYN 149: DIE EINDE VD ERDEKRUIK 2 Kor 5: Om een te word met die Gees v God in my is om die vrees vir die dood (wat die tydelike met die ewige gaan vervang) te oorwin. Die besef gee tyd 'n nuwe waarde - ek stel nie meer die lewe uit asof ek dit kan bekostig nie. Ek kies om die lewe wat saak maak nou te lewe!
08-08-2021
Duration: 1 hr 3 mins
DIE TYDLYN 148: 2 Kor 4 Die skat in 'n erdekruik. Die ons dra die skat/Heilige Gees/Lig in ons en dit is juis wanneer die' erdekruik' gebreek word wanneer die lig vrygestel word.
01-08-2021
Duration: 56 mins
Paulus weeg eie poging op teen Jesus se verdienste op Golgota. Godsdiens het die twee doene omgeruil.
25-07-2021
Duration: 1 hr 5 mins
DIE TYDLYN 146: PAULUS 3E SENDINGREIS VOORTGESIT. 2 KORINTHIERS. JESUS IS GOD SE "JA". WAT ANTWOORD JY? Ons amen is die sleutels van die koninkryk! God word verheerlik deurdat ons Sy beloftes lewe!
18-07-2021
Duration: 1 hr 2 mins
Die Nuwe Testament plaas 'n ander klem op profesie. Die volwasse man hoor self die stem van die Gees.
11-07-2021
Duration: 55 mins
Verduideliking van die werking van die gawes.
04-07-2021
Duration: 59 mins
143: PAULUS - AAN DIE KORINTHIERS DIE GAWES VAN DIE GEES Paulus bevestig die verskeidenheid van gawes in die Gemeente, net soos 'n liggaam baie lede het elk met sy eie funksie. Die gawes bevestig ons toegang tot die geeswêreld van lig. Dit moet egter vloei uit intimiteit met die Heilige Gees in my. Al sou ek... maar ek ken nie intimiteit nie... dan het dit min waarde.
27-06-2021
Duration: 1 hr 5 mins
Die dood klop letterlik aan die deur. Dit roep tot die volwasse man - vir wie die lewe Christus is, daarom is die sterwe, wanneer dit kom, 'n wins. Die volwasse man gee nie sy gesag terug nie maar het geleer om dit te gebruik.
20-06-2021
Duration: 54 mins
Daar is soveel vrae oor die dood (in ons terme voortydig) van 'n persoon. Van die tradisionele (uitgediende) beskouing dat God, wat alles sou beheer so 'n persoon kom "haal" het tot die beskouing dat ons wat dan nou die waarheid ken definitief iets kort as ons nie ten minste 120jr oud word soos Gen 6 sê nie. Maar daar is 'n ander manier om na die dood te kyk - in die lig van die opstanding en die vervulling wat daar in intimiteit met God is.
13-06-2021
Duration: 58 mins
Besin weer. Wat is gemeente en wie is ek. 'n Ledemaat van die gemeente is anders as' n lidmaat van 'n kerk. Eersgenoemde is die resultaat van oortuiging en die ontdekking van God se geregtigheid met die stelselmatige kansellasie van die simptome van die ou mens.