03-01-2021
Die resultaat van ware geloof is aksie. Jakobus se werke van die geloof is Paulus se vrugte van die Gees. Netso is Paulus se werke van die vlees die vrugte van ongeloof.
27-12-2020
DIE TYDLYN 119: Jakobus die brief aan die 12 stamme.
Jakobus rig sy brief aan almal (Israel) en ons wat eens onder die wet was. Die essensie is 'n intieme verhouding met God se Gees binne in ons. Om diep in te kyk is om te sien soos wat God sien, die enigste ware herstel vir verhoudings. Die geesmens word deur Woord gevoed, die vleesmens deur omstandighede.
20-12-2020
Uiteindelik is ons vrygemaak van sonde, die Wet (eie poging) en vrees, om aan 'n ander te behoort! Jesus Christus wat Sy lewe vir ons afgelê het. Die wêreld en die Gees kompeteer vir die gebruik van my liggaam om hul vrugte/werke voort te bring. Gees word gevoed uit wêreld, Gees word gevoed deur die Woord!
13-12-2020
Galásiërs (3)
Genade (geloof) en Wet (werke) word ware opponente in die verspreiding van die Evangelie.
09-12-2020
Die ware inhoud van kindskap. Paulus bevestig die volledigheid van Jesus se sterwe en opstanding. Daarin lê ons volmaakte vryheid, sonder enige bydrae van ons kant.
29-11-2020
Om waarlik vry te wees is om van sonde, die Wet en die vele mens gemaakte "wette" vry te wees.
22-11-2020
Ons loop op die apostels se spoor en beleef hoe hulle die volle implikasies van die Evangelie ontdek het.
15-11-2020
Die Heilige Gees bevestig twee verhoudings in een. Vader en kind en tegelyk Bruidegom en bruid. Deel van gemeente wees behels beide verhoudings. Ons is steeds op pad met die tydlyn en die NT gemeente soos wat hy gestalte vind deur die boodskap van die apostels. Vandag: Paulus se eerste sendingreis.
08-11-2020
Psalm 23: "Ontdek die liefdeshart van die Herder"
01-11-2020
Een van die aanpassings wat die Nuwe Testament gebring het is die totale verandering van ons gebedslewe.