die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

DIE TYDLYN173: DIE HOE VAN INTIMITEIT MET GOD. In ons soeke na intimiteit is ons soms geneig om "weesdinge" te verruil vir "doendinge". Ons maak van goeie werke opdragte in plaas van vrugte en slegte werke wil ons met reëls en wette uitbestuur. As jy oortuig is van jou absolute waarde voor God gee dit vrymoedigeid tot verhouding. Intimiteit vloei uit eenwees met die verborgenheid - die Gees van God binne in jou. Soek intimiteit met God (Heilige Gees) in jou, wees net daar en beskikbaar om oorweldig te word deur Sy karakter en liefde. Intimiteit lê nie in emosie en aksies hemel toe nie, dit is binne in jou in interaksie met God se Gees.