die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
16-10-2022
Duration: 1 hr 6 mins
DIE TYDLYN 196 - GELOOF (Passie) IN AKSIE (2) Die geloof wat God behaag is om so verlief op Hom te wees as wat Hy op my is.
09-10-2022
Duration: 1 hr 4 mins
DIE TYDLYN195: GELOOF / PASSIE IN AKSIE. Geloof en liefde is een Persoon. Liefde het karakter. Om oortuig en bewus te wees van 'n innerlike dryfkrag (passie) wat net guns bedink en bedoel, dit dus bewustelik spreek en skep. (Spreek en skep - geloof - is liefde se voertuig van uitvoering). Daarom is geloof so God as wat liefde God is. Hoop verteenwoordig die blye afwagting in die tydperk tussen die woord/belofte en die vervulling daarvan.
02-10-2022
Duration: 45 mins
LEEF MET OORGAWE (5) - JY IS DEUR GOD GEROEP EN AANGESTEL. Gered, geroep en aangestel deur God. Jy was van die begin af die droom in God se hart, ervaar die genade van Sy uitnodiging na 'n lewe in Hom.
25-09-2022
Duration: 51 mins
Leef met Oorgawe die getuienis van Jesus uit (4) Die vrug en getuienis van 'n getransformeerde hart sal jou van heerlikheid tot heerlikheid neem.
18-09-2022
Duration: 1 hr 4 mins
LEWE MET OORGAWE (3) - TRANSFORMEER JOU LEWE DEUR JOU GEDAGTES. Laat die Gees van krag, liefde en selfbeheersin gtoe om jou denke te vernuwe en jou passie vir die lewe aan te blaas.
11-09-2022
Duration: 47 mins
LEWE MET OORGAWE (2) - 'N LEWE VAN KRAG, LIEFDE EN SELFBEHEERSING. Ontdek die Goddelike deposito in jou lewe en ontgin Sy Gees van krag, liefde en selfbeheersing in jou lewe.
04-09-2022
Duration: 52 mins
LEEF MET OORGAWE-STEEK DIE VONK VAN PASSIE AAN. Ontdek weer die vlam van jou oortuiging en blaas die vuur van passie aan.
28-08-2022
Duration: 57 mins
DIE TYDLYN 194 - HEBREËRS (6) GELOOF. Jesus is die substans, die vervulling van die belofte waarop die mensdom gehoop het. Dit maak geloof 'n persoon: Die Seun van God.
21-08-2022
Duration: 59 mins
DIE TYDLYN 193 - HEBREËRS (5) DIE HEILIGDOM Die voorhangsel is geskeur, ons vrymoedigheid is op grond van Sy finale en volledige offer. Die allerheiligste is nou binne in my - Hy het by my kom intrek! Is jy in kontak met die persoon binne in jou?
14-08-2022
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 192: HEBREËRS (4) 'N BETER VERBOND. Jesus is die Testateur van die Nuwe Testament. Ons stand van geregtigheid is Testament - geen prestasie nodig van ons kant nie. Wandel (Verhouding wat as gevolg daarvan kan volg, is keuse, dus verbond)