die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

{ccconsent}{/ccconsent}
DIE TYDLYN 204 - DIE EVOLUSIE VAN DIE DOOP. Johannes het kom doop met belydenis van sonde tot vergifnis. Dis met die doop vervang na Jesus se opstanding, 'n viering van die mens se insluiting in Sy sterwe en opstanding. Na 300 jaar verskyn die kinderbesprenkeling met sy formulier uit die Baalgodsdiens toe Konstantyn die afgodery 'met Kerspapier toedraai' en die kerk in afgodery dompel. Die donker Middeleeue volg en die Reformasie van Luther kom 1000 jaar later. Die hervormers ontbloot baie van die afgodery maar kyk die besprinkeling mis. Die Baptiste wat volg sien die onwaarheid van die besprinkeling maar doop grootliks weer met die doop van Johannes. Vandag sien ons weer die ware doop, nie as 'n opdrag maar as 'n begeerte om my insluiting in Sy sterwe en opstanding te vier en in die openbaar te bely dat ek vergewe is.
Duration:1 hr 3 mins