05-04-2020
Oordeel Nuwe Testamenties is oorsaak en gevolg. Daar is 3 skole van denke oor wat in die wêreld gebeur met Covid 19. 'n samesweringsteorie, God se "straf" of wat die Woord sê in konteks van die Nuwe Testament.
29-03-2020
Voed jou met die Lewende Woord en leef as wie jy bestem is om te wees.
22-03-2020
Lê wakker van vrees of word wakker met VREDE EN HOOP.
In ons liefdesverhouding met God het ons die groot voorreg om "versadig die nag deur te bring" Spreuke 19:23
15-03-2020
Kan ons sê dat minderwaardigheid 'n invloed het op ons nalatenskap? Is my nalatenskap die vrug van God se Woord in my lewe? Ken jou stand en wees suksesvol in God.
11-03-2020
Dit is om verander te word in jou essentiële natuur of karakter of in fundamentele deel van jouself.
Die larwe is bereid om homself of die eie ekke prys te gee of tot niet te maak. Dit is hoekom die larwe homself verteer want as hy dit nie doen nie, bly sy eie vlees altyd in die pad vir die skoenlapper of die oorspronklike (DEFAULT) om tot uiting te kom. Met jou metamorfose voltooi kom die Skoenlapper ( Die Default jy) te voorskyn, wat nie meer gras en blare vreet nie, maar die soet nektar van samesyn met HOM. Hy wat jou kunstig geweef het in jou moederskoot om alreeds jou DEFAULT te bevat om soos die skoenlapper te kan sweef saam met Hom bo die omstandighede.
As jy en jou Default bymekaar weer uitkom is dit soos 'n tapeserie waarvan die finale drade ingevoeg word en die perfekte beeld of prent te voorskyn kom. Kom met jou DEFAULT in aanraking , die effek van dit sal jou verstom laat.
01-03-2020
Salwing is die vloei van God se Gees deur die Woord en deur ons lewens.
23-02-2020
Die Saad wat die Saaier saai - Sonder opbrengs is dit te vergeefs. As Jesus 'n voorbeeld is vir ons, is ons weer terug in werke - die waarin Adam geval het. Van ons beteken dat Sy offer ons herstel het tot Sy beeld en gelykenis!
16-02-2020
Jesus se koms is die vervulling van die Profetiese Woord. Die klank van God se gedagtes word vlees, ook in ons lewens wanneer ons tot die getuienis kom.
09-02-2020
Na 400jr se stilte kom verbreek God dit met die verskyning van Gabriel aan Sagaria met die aankondiging van die geboorte van Johannes die Doper. Binne 6 maande opgevolg deur sy besoek aan Maria. Haar beskikbaarheid maak haar swanger met die Woord wat vlees geword het! Sagaria word die eerste profeet wat optree na Maleagi - hy sien die NT ontvou soos wat Paulus dit verduidelik na Jesus se op standing!
02-02-2020
Daniël se gesigte het toe in vervulling gegaan. Die Profetiese Woord is betroubaar. Dit gaan weer en weer in my hart op as 'n môrester.