12-01-2020
Verhouding bring vervulling, gesag en getuienis. Dit leer ons om te fokus op wat ons kan doen en nie te verknies oor wat ons nie kan doen nie.
05-01-2020
Die openbaring van die kruis en die opstanding - kennis of openbaring?
29-12-2019
Johannes die Doper se trooswoord gaan verby die kruis tot by ons vandag
22-12-2019
Ons kyk na 'n paar hoogtepunte in die Woord van 2019. Die Rots (Christus) is besig om dit wat van Nebukadneser se beeld oorgebly het in ons lewens fyn te maal. Soos dit gebeur kry rus nuwe (sy ware) betekenis.
15-12-2019
Alles wat ons in die tydlyn leer dui op' n liefde volle hemelse Bruidegom wat verhouding met Sy bruid, die mens, soek. Geregtigheid is nie die doel nie - verhouding is. Geregtigheid is die middel tot die doel!
08-12-2019
1. Maak my imuun teen vrees en neerslagtigheid.
2. Bring die bloedoffer van Jesus op die toneel in aakligste omstandighede.
3. Bring Psalm 91 en 112 in aksie.
4. Gee Heilige Gees toegang tot my denke.
5. Hou my verbind aan God se beloftes.
6. Bring my in innige verdiepte vervulde verhouding met God.
7. Maak dat God my bevrug met Sy Saad.
01-12-2019
Maleagi (boodskapper) som eintlik die OuTestament op. 'n Liefdevolle Bruidegom wat weer en weer toenadering soek tot Sy bruid maar sy wat in plaas daarvan om die liefdespel met Hom te speel eerder Sy motiewe bevraagteken.
24-11-2019
Ons Hoëpriester voor die regterstoel van God. Hy moes alles word wat ons was met al die gevolge wat dit vir ons sou inhou - tot in die vuur sodat Hy ons volkome voor Hom kon stel!
17-11-2019
Wat impliseer ons as ons byeenkom om te bid vir reën? Dat God reën het en kan gee maar dit van ons terughou en wag dat ons Hom daar oor moet smeek? — en self's Dan gee Hy nie eers gehoor nie. Of straf Hy ons? Dan het Jesus nie al die straf gedra nie.
Wat is die rede vir die ritmeversteuring in die natuur en hoe stel ons dit reg?
10-11-2019
Waar staan ek? Kyk weer, kyk dieper in die volmaakte wet van vryheid. Wat waar is, is waar, lank voor dit ontdek is.