die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Error

The teacher you requested is not available.

Nuutste Woordopnames

Latest sermons by
15-09-2019
Duration: 43 mins
God se liefdesverbond wat vry maak. 'n Belofte van waarde, beskerming en ewige liefde.
08-09-2019
Duration: 31 mins
Lente Deel 1: Jesus het die laaste sê in jou lewe. Hy verander die winter in lente vol lewe en dit in oorvloed.
01-09-2019
Duration: 1 hr 5 mins
Om te sien soos God sien is om insig te hê in die handelinge (optredes) wat ons lewens beïnvloed, beide goed en sleg sodat ons ingeligte besluite en koersaanpassings kan maak. God se droom vir ons bly goed. In intimiteit met Hom word dit ontsluit.
25-08-2019
Duration: 1 hr 3 mins
Hadassa (Ester) is een van die balling wat bruikbaar is deur God om die vrou wat uit Abraham se nageslag die Saad moes ontvang te beskerm. Satan wou die Jode uitwis deur Haman, die Agagiet uit die geslag van Amelek, die sinnebeeld van sonde. So poog die vyand tot vandag toe om met sonde die Saad (Woord) in ons teen te staan en so die nageslag van Abraham(ons) en die vrug van ons getuienis uit te roei.
18-08-2019
Duration: 1 hr 10 mins
Om die toetse waarmee die lewe ons toets te slaag het ons nodig soos Daniël om paraat te wees. Die besluit én die wandel met God word geneem en vestig in gunstige tye - nie eers wanneer die krisis hom voordoen nie.
11-08-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 58 mins
Daniël en sy vriende is van die eerstes wat oor 'n periode van 20 jaar in ballingskap weggevoer is na Babel. Hulle was in Babel selfs meer suksesvol as in Juda. Die sleutel: 'n voorneme om hulle nie te verontreinig met die 'spyse' vd koning nie! Spyse gaan oor veel meer as net wat ons eet!
04-08-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 5 mins
Goeie nuus weeg swaarder as die slegte! Jeremia kan uiteindelik uit roep: Ek het U woorde gevind, hulle opgeëet want hulle is 'n vreugde en vrolikheid vir my hart. Jeremia is bekend as die profeet met die slegte nuus, maar lees ons verder word die slegte deur die goeie nuus oorweldig.
28-07-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 46 mins
Ons aanname is dat God geen aannemer van die persoon is nie. Jeremia se roeping is dus elkeen se roeping. Dié wat 'n oor het om te hoor! Israel se geskiedenis is 'n refrein wat vandag steeds van toepassing is: as jy eet vd boom vd kennis van goed en kwaad sal jy sekerlik 'sterwe'.Ons aanname is dat God geen aannemer van die persoon is nie. Jeremia se roeping is dus elkeen se roeping. Dié wat 'n oor het om te hoor! Israel se geskiedenis is 'n refrein wat vandag steeds van toepassing is: as jy eet vd boom vd kennis van goed en kwaad sal jy sekerlik 'sterwe'.
21-07-2019
Duration: 1 hr 15 mins
JOH. 10: 10 lewe en oorvloed

Jesus ! (die WOORD) kom bevestig die dubbel porsie en beklemtoon die mens se vermoë (lewe) om die oorvloed’s lewe , in besit te kan neem ! Efe 5:16 ...die vermaning en herinnering om *tyd* - “kairos” , die *geleentheid* om lewe en oorvloed te respekteer , ten volle aan te gryp en dit te alle tye te respekteer en bewaar van verlies ! Dit is GOD SE WIL vir SY kinders !
14-07-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 58 mins
Habakuk - Die een wat vasklou. Habakuk is die een wat sy posisie in die Here kongronteer. Soos Jakob destyds: "Ek sal U nie los tensy U my seën nie" Hy ontdek dat hy God se liggaam op aarde is en met die inspraak van God in hom kan hy verby die omstandighede kyk en God se onveranderlike droom omhels.