11-09-2016
In die volheid van die tyd is Christus deur Vader gestuur om elke mens se leuen-geskiedenis en leuen-identiteit te kanselleer en vir elkeen die volle losprys te betaal. Jesus is Vader se openbaring van Sy kennis en waarderings-liefde van elke kosbare verlore seun en dogter.
Die mens se Christus-verlossing is die openbaring van Vader se ewige skeppingsdoel vir die mens om in sy ware 'seunsskap-identiteit' - in dieselfde verhouding wat die Seun met Sy Vader het en wat Vader met Sy Seun het - konstant, hier op aarde te leef! Vader en Sy kosbare kinders geniet en waardeer mekaar en vind vervulling in mekaar..
In Christus-liefde is ons vir mekaar lief met Sy liefde en almal weet ons is Christus-dissipels!
Die ewige heerlikheid van Christus, Seun-in-Vader en Vader-in-Seun, is nou ook ons heerlike eenheid en 'Ewige heerlikheid' - ons-in-Christus in die hart van Vader en Vader-in-Christus-in ons! Dan weet almal dat Vader Sy Seun as Verlosser van en vir almal gestuur het!
Met die onweerstaanbare liefde-natuur van Vader in ons harte vir almal, het ons almal lief!
In die liefdesdrang van Christus, die EEN SEUN, in wie ALMAL verteenwoordig is, wie die doodsvonnis vir almal betaal het, sien en waardeer ons geen mens meer volgens sy Adam identiteit of rekord nie! Aan die EEN Kruis is die skuldrekord van ALMAL uitgewis. Elkeen se Adamnatuur is gestraf en het in Christus gesterf en is begrawe. In Christus se opwekking was ons ook ingesluit en is ons saam met Hom lewend gemaak, saam opgewek en saam, terwyl ons nog op God se aarde is, sit ons in Christus in hemelse plekke aan regterhand van Vader!
Die Woord/Logos het vlees geword in die baie seuns en dogters wat 'net uit God gebore is' en die 'vol van genade-en-waarheid-heerlikheid' word nou sigbaar en hoorbaar en tasbaar oor God se hele aarde en God se profetiese woord word vervul dat die 'aarde sal vol wees van die heerlikheid van die HERE en die intiem persoonlike kennis van die HERE soos water die see oordek....
Die skepping se geregverdigde verwagting word vervul omdat 'Seuns van God' in hul 'ABBA-VADER' verhouding, gelei deur Heilige Gees, Christus gestalte laat kry, en SY gebed in vervulling laat kom - "ONSE Hemelse VADER, U NAAM is Heilig, U Koninkryk het gekom, U Hemelse Wil Geskied op U Aarde... Elke oog sien, elke oor hoor en elke knie buig voor U, aan Wie behoort alle gesag in hemel en op aarde"!
04-09-2016
Mat 17:5 Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom!
28-08-2016
Die mens is ontwerp om met God in pas te wandel. God het die mensdom reg verklaar. Naby jou is die Woord in jou hart en in jou mond. Hy waarborg ons Sy nabyheid. Ver bo wat ons kan bid of dink, kry eers gestalte as ons toetree tot die wandel. Ons moet dus opstaan en uit die gemaksone beweeg.
Beweeg - wandel voor Sy aangesig - Lig dan verdwyn ons eie glans en verkry ons Sy glans - dan is ons in pas - dan kan die wêreld die werk van geloof sien. Dan kom Liefde in aksie - "effortless". Ons fokus is dus nie op ons dade of optrede nie maar om in Sy teenwoordigheid te bly . 'n Gebrek aan teenwoordigheid lei na gebrekkige wandel wat ons ligdraers sonder olie in ons lampe maak.
21-08-2016
God se hart is dat die mens in pas met Hom sal wandel. Daarom het Hy alle afstand oorbrug, uit gekanselleer. Hy het ons liggame gereinig, geheilig sonder vlek of rimpel gewas sodat ons reg is vir Sy Woord. Deur Sy Gees is Sy Woord nou in my hart en in my mond. Hy nooi die mens nou uit om in pas te kom. Om in pas te wees beteken om 'n spieëlbeeld te wees. Jy kan die twee nie van mekaar onderskei nie. Die uitdaging vir ons is, om onsself ons denke ons siel te heilig, af te sonder vir Sy Gees sodat my hart en God se Gees in harmonie kan wees, dan is ons in pas met Hom.
14-08-2016
God het Sy gedagtes verklank, dit Woord gemaak wat vlees geword het! Netso word al God se beloftes in ons werklikheid: Geloof kom deur die gehoor - soos wat klank Kind geword het in Maria - so moet klank fisiese realiteit word in ons lewens om die beloftes te realiseer.
10-08-2016
Petrus se aanbeveling hoe om immuniteit te ontwikkel teen aanvalle wat die vyand loots! Vul jou denke met God en Sy Woord!
31-07-2016
Die aanslag teen die mens is so vel dat die enigste ware beskerming van binne moet kom. Dit is om teen 'n siekte ingeënt te wees en teenliggaam-pies in jou bloedstroom te hê. Ons geestelike immuunsisteem word geaktiveer deur die geopenbaarde Woord. Dit aktiveer die Naam wat bo alle name is in ons lewens. Liefde is die draer van al God se beloftes. Daarom sê Paulus: Die doel van die instruksie is liefde - uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof. 1Tim 1:5
24-07-2016
God "glo" in ons en het respek vir wat "HY" geskep het - die mens se volmaakte stand! Ons "GLO" GOD en aanvaar en bevestig ons STAND in CHRISTUS! Om verantwoordelikheid te vat vir ons wandel is om "RESPEK" te hê vir die vryheid waarin ons nou staan! Die effek hiervan is gesag, heerskappy en outoriteit deur liefde en intimiteit!!!
17-07-2016
Noudat ons 'n verbond met God het sovêr dit ons wandel aangaan, kan gesag gevestig word deur ons wandel. Die grondslag daarvan lê in vergifnis. Vergifnis word voltooi in seën! Ons skep ons eie omstandighede deur seën of vervloeking. Kies dan om te seën. - 1 Pet 3:9
10-07-2016
Ons is erfgename van die oorwinningslewe - maar leef ons dit?
Baie gelowiges het 'n verbond met die dood (vormloosheid, 'n substandaard lewe) i.p.v 'n verbond met God rakende my verhouding en wandel met Hom.