12-05-2019
Ondersoek jou geloof, maak klaar met die ban van godsdienstigheid. Al is dit hoe klein, 'n ban bly 'n ban. Dit laat 'n bedekking wat jou beroof van die lewe wat daar in Christus Jesus is.
17-02-2019
Gesonde geloof is die geloof van God. Vir my en jou om oortuig te wees van hoe oortuig God is oor die mens. Vanuit gesonde Geloof vloei gesonde Woord en gesonde Gesag.
10-02-2019
Ons is die lig van die wêreld, ons is die Woord wat weer vlees word, wat sigbaar is in die wêreld. Ons woord kan net gesond wees wanneer die Bron Jesus Christus is.
18-11-2018
Die lewe anderkant die Jordaan is die onsigbare, die Geeslewe, die lewe in oorvloed wat God aan Abraham beloof het en wat in Jesus vir elke mens 'n werklikheid geword het.
Dit bly egter die mens se keuse om hierdie erfenis in besit te neem. Soos wat God aan Josua beloof het, elke plek wat julle voetsool op sal trap dit gee ek aan julle.
Hierdie onsigbare land-lewe moet eers sigbaar word, voordat ons dit kan vat.
Die geloof van God en nie my geloof wat gebaseer is op menslike wysheid en oorredende woorde nie ( 1 Kor 2: 4-5) Maak die onsigbare - sigbaar.
God se geloof - oortuig my van my Geregtigheid in Sy Seun en gaan ek nou met Vrymoedigheid deur die voorhangsel tot by God waar ek saam met Hom maaltyd hou. Hier verdwyn die sigbare aardse/tydelike en raak dit irrelevant. Die Geeslewe /onsigbare raak nou sigbaar en kan ek dit vat. God se Heerlikheid.
Die verborgenheid - my vrygekoopte onskuld word nou sigbaar Dit word sigbaar deur in te kyk in die Woord/liefdesbrief van God aan die mens - totdat ek myself in Jesus sien en Jesus in my.
21-10-2018
Die tydlyn verteenwoordig God se reddingsplan om die vervalle mensdom oor te bring vanuit die mag van duisternis na die Koninkryk van Sy Seun van Sy liefde. Jesus is die sentrale tema. Watter impak het die reddinsplan op jou? Jy kan jou na die kruis in Egipte, Woestyn of anderkant die Jordaan bevind? Jy is in geseën met burgerskap van die beloofde land wat die Lewe in Oorvloed is. Die vraag is weet jy dat jy daar is, of verkies jy die woestynkant van die Jordaan waar godsdiens en 'n Moses goed genoeg is. Waar jy God dien vir beskerming, voorsiening en genesing? Konfronteer jouself met vrae soos: Hoe beleef jy oorwinningslewe?
Hoe ernstig is jy met jou verhouding met die Vader?
Dis so belangrik dat jy nie n voorspoedige lewe verwar met die lewe anderkant die Jordaan nie.
Die uitdaging is om die Jordaan oor te steek, deurdat jy Vader se hart, liefde Sy nabyheid ontdek.
09-09-2018
Watter waarde koppel jy aan die Woord van God? Is dit teorie of is dit 'n Persoon waarmee jy in 'n persoonlike verhouding is? Woord maak slegs impak indien jy die Draer van die Woord,Jesus die Lewende Woord persoonlik ken en saam met Hom leef. Ons reflekteer die Lig binne ons. Die intensiteit van die Lig wat ons op elke toneel bring is direk eweredig aan kontak tyd met die Lewende Woord binne in ons, waartydens 'updates' gemaak word. Wat ons bemagtig om te heers oor die aanslag van die vyand wat soos n brullende leeu rondloop en soek wie hy kan verslind.
17-06-2018
God is liefde en daarom gee Hy ons die vryheid om self te kies. Die vraag is wat maak jy met hierdie vryheid? Die oortuiging van Christus in my (lewe in oorvloed) kan net manifesteer as ek dit kies. Oorwinningslewe is binne in jou, jy het dit reeds ontvang (1 Kor 15:57) Kies dit!
Vandag hou ek voor aan jou die lewe en die dood, kies dan die lewe sodat jy kan lewe! KIES DIT! Kies om te kawa – om in eenheid met God se Gees te kom. (Bluetooth moments)
Kies om jou denke vol te maak met waarheid / Woord.
Kies om verlief te raak op die Woord – bedink /oordink dit dag en nag.
Kies om ontslae te raak, ontslae van die ou denkpatroon / verwysing – Egipte.
Kies om jouself te sien saam met Christus-lyde/sterwe/opstanding.
Kies om Christus in jouself te sien.
Kies dat jy Sy heerlikheid / jou oorspronklike gesig in die wêreld sal wees!
Die lewe in oorvloed / oorwinning is ‘n keuse. Wat maak jy daarmee?
18-02-2018
Die volheid van die seën waarmee God die mensdom geseën het, is in Sy Seun Jesus Christus deurdat Hy deur een offer ons geheilig het en ons sonder gebrek in liefde voor Hom kan wees.
12-11-2017
Liefdesbriewe tussen twee verliefdes waar verliefdheid die dryfveer is. Ons gedagtes is gevul met ons maat, ons bedink mekaar die heeldag, ons droom oor en van mekaar. Wanneer ons praat ontbloot ons onsself sonder inhibisies. Ons bou ons maat en bevestig sy/haar waarde. Die taal wat ons praat is 'n ander taal in ander Afrikaans - liefdestaal. Die vrug van die taal is vreugde en vrede. Hoekom droog die liefdestaal op met die jare? Ons laat toe dat ander gedagtes inskuif ...gedagtes van werk, geld, worries, politiek. Dit verander ons taal van liefdestaal na prestasietaal, minderwaardigheid is die dryfveer agter prestasietaal.
God skep die mens en Hy dupliseer Sy gedagtes, Sy liefdestaal, Sy liefdesbrief binne in die mens. Hy blaas Sy Gees in die mens sodat die mens die liefdestaal /brief kan verstaan. In Adam verloor die mens sy vermoë om God se liefdestaal te verstaan. Adam kon nie meer "relate" met die woorde wat in die brief was nie. Dit was asof die brief vir iemand anders bedoel was. Jesus kom - God se liefdesbrief word vlees. Hy demonstreer wat nog altyd in ons geskryf was. Hy herstel die verhouding want liefdesbriewe is slegs relevant in 'n liefdesverhouding. God se Gees kom woon weer in en ontsyfer vir ons die brief wat nog heeltyd binne ons was. Die brief is in ons hart en in ons verstand geskrywe. God se Gees is in ons hart. Tyd, verhouding en maaltyd saam met Vader ontsyfer die brief in my verstand sodat ek verstaan. Pasop vir die wet, want dit aktiveer minderwaardigheid... prestasietaal wat liefdestaal kanselleer. Die skepping wag met reikhalsende verlange op die liefdesbrief. Rom 8:19. Liefdesbriewe is persoonlik, soos wat verhouding vorder, so ontwikkel die liefdespel en die vlak van kommunikasie. Gee tyd, ruimte en besit aan God se Gees sodat die brief in jou verstand geskrywe word, dit is reeds in jou hart
03-09-2017
Wie is ek? en wat maak ek hier? Twee vrae waarmee jy jouself een of ander tyd behoort te konfronteer. Die doel hiermee is nie om ou koeie uit te grawe nie maar om toe te laat dat God deur Sy Gees jouself persoonlik sal wys wie jy is en wat jy hier maak. Konfrontasie gebeur net wanneer jy jouself beskikbaar stel en vir die feesmaal opdaag. Face tot face om die tafel sit en jou hart met Vader deel. Hy is besonder goed om te luister en Sy terugvoering oortref elke verwagting wat die mens ooit oor homself sou koester. Wie is ek? - Kind van God. Nie omrede ek Hom as Vader aangeneem het nie, maar omdat Hy my reeds van die begin af as kind in Sy Seun ingereken het. Wat maak ek hier? - Ek is 'n demonstrasie van Sy Heerlikheid en die ewige lewe 'n brief wat deur almal gelees word.