01-04-2026
WOORDEVOLUSIE 6: GEES, SIEL EN LIGGAAM.
Mens is gees, het 'n siel en woon in 'n liggaam (1Thess5:23) of: Mens is siel(wat 'gees' insluit) en liggaam. Die inwoning van God se Gees voltooi Gees(Heilige Gees) siel en liggaam.(1Thess 5:23 en Joh 3:4)! Die uitkoms verskil geweldig.
22-03-2026
DIE EVOLUSIE VAN (ONS) KENNIS (5)
HEMEL EN HEL {JAN BRAND}
In die sondaarsmodel is dit 'plek /plekke. In die gergtigheidmodel is hemel 'n toestand waarin ek reeds lewe Joh 17:3
19-03-2026
20260319 - HEROPNAME - DIE EVOLUSIE VAN (ONS) KENNIS (4) WIE IS IN BEHEER {JAN BRAND}
"DIE HERE IS IN BEHEER". Dit is n algemene stelling in Christen kringe maar is 'n direkte aanklag teen God vir al die boosheid en wanorde in die wêreld. God het die beheer/gesag aan Adam oorgegee wat dit aan Satan, "die owerste van hierdie wêreld" Joh 14:30 geabdikeer het. Jesus het dit vir die mens kom terugwen maar Adam se swak keuse word deur die NT mens herhaal. Daarom dat:! "Die hele wêreld in die mag van die bose lê" 1 Joh 5:20
15-03-2026
WIE IS IN BEHEER ( klank gebroke) - JAN BRAND
Die EVOLUSIE VAN (ONS) KENNIS. "DIE HERE IS IN BEHEER". Dit is n algemene stelling in Christen kringe maar is 'n direkte aanklag teen God vir al die boosheid en wanorde in die wêreld. God het die beheer/gesag aan Adam oorgegee wat dit aan Satan, "die owerste van hierdie wêreld" Joh 14:30 geabdikeer het. Jesus het dit vir die mens kom terugwen maar Adam se swak keuse word deur die NT mens herhaal. Daarom dat:! "Die hele wêreld in die mag van die bose lê" 1 Joh 5:20
08-03-2026
DIE HEELHEID VAN JESUS
Vind in Jesus die Krag om heel te wees in 'n stukkende wêreld.
01-03-2026
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS (3)
Met die bril van die geregtigheidsmodel sien ons God vir wie Hy is..Liefde en alles wat daarmee saamhang. Dit klaar vir ons die onduidelikheid en 'teenspraak' op wat ons in die Skrif lees ten opsigte van Liefde se werkswyse.
22-02-2026
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS (2)
Ons het nodig om alles wat ons geleer het weer te bekyk met die bril van die Geregtigheidsmodel teenoor die sondaarsmodel en die uitkomste te vergelyk.
15-02-2026
HY IS JOU WEG, WAARHEID EN LEWE.
In en met Jesus kan ons elke tree van ons reis in Sy Waarheid gee en die ware lewe geniet.
08-02-2026
DIE EVOLUSIE VAN KENNIS. JOH 16:12 se belofte het waar geword dat die Heilige Gees ons in die waarheid sal onderrig soos wat ons daarvoor gereed is. So verstaan ons die Evangelie soveel beter met nuwe insig en het ons terminologie verander.
01-02-2026
DIE NUWE GEBOORTE Om volgens die godsdiensmodel "wedergebore" te word is afhanklik van die mens wat tot bekering moes kom (ophou om sekere dinge te doen en ander werke te begin doen) en hulle sondes bely(opnoem) en Jesus aanneem. Die woord "wedergeboorte" in die oorspronklike is "van bo gebore" - Joh 3:5; 1Pet 1:3 & 23 wat dui op die feit dat ons na Jeus se opstanding in geregtigheid gebore is. Nie meer uit die verganklike saad van Adam nie (Rom 5:12) maar uit die onverganklike "saad" van die laaste Adam.