16-08-2026
DIE HEERLIKHEID VAN GOD
02-08-2026
20260802 - DIE VOLWASSE MAN-VROU (JAN BRAND) Efes 4:11- Die oogmerk met die prediking - dit moet elke individu bring tot die volwasse man -di. Eenheid van geloof - om uit dieselfde bron van waarheid gevoed te word en self geestelik op te daag en verantwoordelikheid te neem. Uit dié suiwer Bron - Gees van die waarheid - is mens gevrywaar van die winde van lering wat niks anders is nie as die "goeie" vrugte van die verkeerde boom.
26-07-2026
NEDERIGHEID - OF IS DIT MINDERWAARDIGHEID?
Die sondeval was uit waardigheid in onwaardigheid in. Nederigheid is om myself te onderwerp (met dankbaarheid) aan die waardigheid van God se geregtigheid waaraan ek geen aandeel gehad het nie. Om myself sleg te sê na Jesus se offer is trots en 'n verwerping van Sy offer.
19-07-2026
WARE GELUK - WAAR VAT DIT ONS HEEN?
Om ware geluk te vind - binne in die verhouding met God - lyk op die oog af minder aantreklik (die sigbare) maar die ewige (onsigbare) leef voort - weerklink in die ewigheid.
12-07-2026
12 Julie 2026: WAARIN SOEK JY JOU GELUK? (Jak 1:25)
Elke mens wil gelukkig wees - wel, gelukkig, salig - uitermate geseënd. Die ware geluk dra ons binne in ons - dit is om in pas met God se Gees te wandel. Die meeste mense soek dit buite, in omstandighede wat in 'n oogwink kan verander.
10-07-2026
VERGIFNES (3) - 5 JULIE 2026 (JAN BRAND)
Vergifnis gaan oor meer as net om vergewe te wees. Dit wil ons lei tot 'n verhewe verhouding. Nie meer: "Is dit sonde of nie.... " Maar liewer: "is dit edel of minder edel?"
28-06-2026
GENESING (2)
Prakties:
1. Oorsprong is by God. Om God se vergifnis te aanvaar, myself te vergwe en myself te noem wat God my noem. Netso vir ander.
2. Die keuse - want ek is vergewe. Dan kan genesing en versoening begin.
3. Vergifnis reinig my van die ongeregtigheid.
4. Die proses van genesing.
21-06-2026
VERGIFNIS.
God is die Een wat vergewe sonder dat Hy vergifnis nodig het. Ou Testementies moes die mens vergewe om vergewe te word - "soos ons ook ons skuldenaars vergewe" ens. Nuwe Testamenties is ons vergewe - ek is en die een wat teen my oortree het ook. So, ek kan dus vergewe - met God saamstem dat Jesus die volle prys betaal het . Vergifnis maak my los van die effek van die onreg!
14-06-2026
Gesag uit verhouding en intimiteit is die Koninkryk van God op aarde. Mens groei in koninkryk soos jy groei in volwassenheid. God was altyd betrokke ten spyte van die mens se abdikasie van sy gesag. So wil Hy ons bemagtig tot heerskappy in eenheid met Homself.
07-06-2026
WAAROM GEBEUR SLEGTE DINGE MET GOEIE MENSE. God is soewerein en almagtig. Dit gee Hom die reg om Sy gesag op aarde aan die mens te delegeer. Gen 1:26 & 28. Die mens se abdikasie van gesag, deur 'n leuen oor homself te glo, maak Satan die owerste van hierdie wêreld - OuTestamenties. Jesus het die gesag namens die mens kom terugneem en gee dit terug aan die mens - Matt 28:18. Wat die mens, na die opstanding daarmee gemaak het is die rede vir ons gebroke wêreld. Koninkryk is egter beskikbaar vir elkeen wat wil.