20-11-2016
Ons gaan voort met die gevolge daarvan om diep in te kyk in die volmaakte wet van die vryheid! Die vrymaking lê in die ontdekking van die nuwe identiteit in Christus.
13-11-2016
Jak 1:25 ...Die woord vir gelukkig is "makarios"; wat beteken; versadig; vervulde en in balans. Balans verwys na ons wandel wat in balans kom met ons volmaaakte stand, soos wat ons oortuig word van dit wat ons sien.
Jesus gebruik dieselfde woord in Sy bergpredikasie wat profeties dui op die gevolg van die ontdekking van die nuwe skepping in Christus.
Dit waarna Jesus verwys in die saligsprekinge is nie iets wat ons doen nie, maar is die gevolg van wat Jesus se opstanding met ons gedoen het.
06-11-2016
Paulus vergelyk ons verhouding met die Vader met die van ‘n atleet wat aan ‘n wedloop deelneem. Heb 12.1
Dit is krities belangrik om seker te maak dat jy wel aan die wedloop deelneem en nie dalk slegs ‘n toeskouer is nie. ‘n Toeskouer gaan nooit die ekstase / joy /heerlikheid beleef van dit wat opgesluit is in die intieme verhouding met die Vader nie.
Om deel te word van die wedloop beteken om te proe en te smaak en te eet van die Lewende
Brood. Joh 6: 53-54 - En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees
van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat My
vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe.
Hoe eet en drink ek die vlees van die Seun van die mens, Jer 15:16 toe U woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en U woord was vir my ‘n vreugde en vrolikheid vir my hart want u Naam is oor my uitgeroep, Here, God van die leërskare! (dit laat my dink aan iemand wat aan die wedloop deelneem en dit lekker vind)
Pasop dat jy nie manna en Brood verwar nie – Manna se oorsprong is om die vlees te versadig dit hou nie dis vir nou nie vir ewig nie.
Die vreugde van die wedloop le in die eet van die lewende Brood, dan hoor jy persoonlik by Hom, dan word jy persoonlik deur Sy Gees oortuig en dan word jou ou gedagtes deur sy Gees verplaas en opgevul met Sy lig en lewe. Dan verdwyn die laste en die sonde wat jou so maklik omring en ekstase, opwinding en lewe breek deur.
30-10-2016
God is geen aannemer van die persoon nie. Die mense in die Bybel deur Hom geroep is die wat reageer het. Netso is elkeen van ons gered en geroep met 'n heilige roeping (2 Tim 1:9)
Om die roeping te leef is 'n aktiewe proses. Petrus moedig ons aan om met die aanwending van alle ywer besig te wees met ons dienswerk om nie ledig en onbruikbaar te wees in die geestelike realm nie.
23-10-2016
"Dié geloof" (Heb 11:1) is God se geloof in ons as mens en sonder Dié geloof: (Heb 11:6) is dit onmoontlik om waardigheid sy sin te gee!!! Dit is liefde in aksie!!!
16-10-2016
Lewe en oorvloed is vir baie die stryd om suksesvol te wees. Baie het besef dat die geregtigheid van God voorsiening, beskerming en genesing insluit. Mens is dus maklik daarop ingestel om hierdie beloftes te verkry en dit dan te beskou as die oorvloedslewe. Daar is egter veel meer inbe-grepe in 'n lewe en oorvloed - Die prioriteit skuif van die mens en sy behoeftes (ambisies?) na God se hart en Sy droom!
09-10-2016
Drink jy melk of eet jy steak?
Kan jy op jou eie geestelike voete staan, of is jou dieet nog steeds melk instede van steak ? Is jy aktief in jou geestelike grondgebied of moet ander mense die water vir jou roer voordat jy by God kan hoor.
Die verantwoordelikheid om voorentoe te beweeg en konstant te groei in jou geestelike lewe is jou eie verantwoordelikheid. Is jy ‘n lamp of ‘n springkaan in die grondgebiede waar God jou geplaas het.
Gary Oliver sê in sy een liedjie:
We are here to take over - Not here to take sides – We here to take over – No room for compromise.
– Taken authority – Taken over – Kingdom authority – It’s a whole new way of living – A whole new way of life - Walking is the spirit -Walking in the light…..
Neem ons outoriteit daar waar ons is, of moet ons nog kies aan watter kant van die draad ons staan.
Ons is daar om oor te neem as gevolg van ons Goddelike outoriteit en nie te “Compromise nie”
Hoor ons al self by God of is dit gemakliker om Sondae te sit en “idle” terwys iemand anders by moet hoor en oordrae aan ander.
Mother Terasa het gesê “Do good. Give the world the best you have and it may never be enough. Give your best anyway.”
As jy jou wandel inpas met jou stand kry hoef jy nie meer jou gedrag te modifiseer by ander nie. Dit sal vanself in plek val en dan raak jou geestelike geur vir ander so, dat dit hul na jou toe aantrek. Jy raak die lamp wat nie onder ‘n maat emmer geplaas is nie.
02-10-2016
Geeswandel is om die deur permanent te laat oopstaan sodat God se Gees nie meer hoef te klop om maaltyd te hou nie!
Dit is ook 'n regstelling van die "default"; van hoe ek reageer in situasies. Ek het nodig om my "fabrieksinstelling"; terug te kry - die gesig van my geboorte!
Daarvoor is selfondersoek nodig - soos ons dit onder andere beoefen met die tafel van die Here.
25-09-2016
Paulus se uitnodiging is dat ons opwaarts aanpas in ons geeslewe en om nie tevrede te wees soos so baie kinders van die Here om net ’n kaartjie hemel toe te hê nie.
Om in die Gees te wandel is veel meer. Dit is om die deur oop te maak – sodat Hy nie meer hoef te klop nie – sodat die salwing van God se Gees deur my kan spoel!
18-09-2016
Jou wandel met God ontstaan uit verhouding. Amos 3:3 Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het? Die twee spreek eers af – julle twee is eers in verhouding voordat hulle in-pas kan kom. Jou verhouding met die Vader manifesteer in jou wandel. ‘n Verdeelde hart is ‘n hart wat flankeer met dit wat die verhouding vertroebel en wat jou sonder gesag los. Mark 3:24+25 – ‘n Koninkryk / huis wat in homself verdeeld is kan nie bly staan nie. Luk 6:49 Daardie huis is op sand gebou en toe die storm daarteen losbreek het dit dadelik geval en die instorting van daardie huis was groot. Hoe raak ek ontslae van ‘n verdeelde hart? Raak ontslae van gemengde saad, raak ontslae van verkeerde denke en voed jou met die waarheid/woord van die geloof en wees wakker vir die leuen en suggestie van die vyand – fokus op die kosbaarste verhouding met die Vader. Jou wandel is ‘n weerspieeling van jou erns met jou verhouding met die Vader. Waarom is jou wandel so belangrik? – Dit is hoe jy God eer, dis hoe jy Sy heerlikheid op aarde is. Sout, lig en die aangename geur vloei deur jou wandel – jyself word daarmee gevul in verhouding. Jy kry dit op geen ander manier nie, dis net by die Fontein van lewende water beskikbaar, al die ander bronne is vervals en dui op gedragsaanpassing.Die effek van die jou verhouding word sigbaar – Fil 1:4 Jy verkwik die harte van ander. “The bowls of the saints are refershed by you, brother.”