die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
{ccconsent}{/ccconsent}
Paulus vergelyk ons verhouding met die Vader met die van ‘n atleet wat aan ‘n wedloop deelneem. Heb 12.1 Dit is krities belangrik om seker te maak dat jy wel aan die wedloop deelneem en nie dalk slegs ‘n toeskouer is nie. ‘n Toeskouer gaan nooit die ekstase / joy /heerlikheid beleef van dit wat opgesluit is in die intieme verhouding met die Vader nie. Om deel te word van die wedloop beteken om te proe en te smaak en te eet van die Lewende Brood. Joh 6: 53-54 - En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe. Hoe eet en drink ek die vlees van die Seun van die mens, Jer 15:16 toe U woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en U woord was vir my ‘n vreugde en vrolikheid vir my hart want u Naam is oor my uitgeroep, Here, God van die leërskare! (dit laat my dink aan iemand wat aan die wedloop deelneem en dit lekker vind) Pasop dat jy nie manna en Brood verwar nie – Manna se oorsprong is om die vlees te versadig dit hou nie dis vir nou nie vir ewig nie. Die vreugde van die wedloop le in die eet van die lewende Brood, dan hoor jy persoonlik by Hom, dan word jy persoonlik deur Sy Gees oortuig en dan word jou ou gedagtes deur sy Gees verplaas en opgevul met Sy lig en lewe. Dan verdwyn die laste en die sonde wat jou so maklik omring en ekstase, opwinding en lewe breek deur.
Duration:54 mins