die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Error

The teacher you requested is not available.

Latest sermons by
27-05-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 5 mins
'n Man met 'n onverdeelde hart wat nie toegelaat het dat sy omstandighede sy skeppingsdoel van hom roof nie. Daarom kon God hom gebruik om sy wêreld te red van hongersnood.
20-05-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 60 mins
Vraag: Waarvoor het God ons Sy geregtigheid geskenk? Vrymoedigheid is soos 'n talent wat ons kan gebruik of begrawe - met ernstige gevolge.
13-05-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 10 mins
Ons erfenis is verseker, maar solank ons kinders is bly dit n belofte. Geestelik hou die wet en werke ons in kindskap vas en kom daar min van ons erfenis.
06-05-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 10 mins
Uiteindelik begin Abraham sien soos wat God sien! So "ontvang" hy die Saad van vrou en sien hy 2000 jaar vooruit die "opstanding" uit die dood (Isak). God se uiteindelike droom is vêr bo wat hy kon bid of dink!
29-04-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 10 mins
Daar is 'n Abraham in jou: Ons loop op die tydlyn saam met Abraham en volg die proses soos sy verhouding met God ontwikkel en verdiep.
22-04-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 10 mins
Ons behandel die tydlyn: Die oogmerk is dieper insig om te kom tot die volwasse man - om ruimte van geesdimensie te betree.
15-04-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 45 mins
Jan het so mooi gepraat. Dit was 'n mondvol. Te veel vir eenkeer se luister. Hy doen die tydlyn intensief, gaan nog 'n paar Sondae daarmee aan. Hy sê iets wat ons nooit besef het nie. Daar was 'n Henog en Abram en Dawid en Noag en eintlik min mense in 4000 jaar voor Jesus wat uitgestaan het. God het hulle nie uitverkies om op te staan nie, maar Sy oë het die hele tyd die aarde deurloop om 'n man te soek wie se hart onverdeeld op Hom gerig is. En Saulus en Job het Hom ook liefgehad, nie Sy hart geken nie en daarom het Hy aan hulle verskyn en sy hart geopenbaar aan hulle en hulle was nooit weer dieselfde nie. Wow. Hoe groot is Sy liefde. Al wat hy vra is 'n sagte hart
08-04-2018
Passage: John 10:10
Duration: 56 mins
Die lewe en oorvloed (Joh 10:10) - lê veel dieper as net voorsiening, beskerming en genesing! https://youtu.be/CHIG5GTAs00
01-04-2018
Duration: 1 hr 11 mins
Daar is drie weergawes van Paasfees: Die populêre weergawe wat dateer uit die antieke Babiloniese ryk en beslag gekry het in meer moderne tye deur die tot standkoming van die Roomse Kerk 300-400NC. Die fees gaan eintlik oor Astarte en vrugbaarheid - vandaar die hase en eiers. Dan is daar die Joodse Pasga wat as een van sewe feeste gevier is as profetiese beeld in afwagting van die vrou se Saad wat sou kom. Die datum is 'n vaste dag in die jaar en word nie rongeskuif soos die eerste om saam te val met die maan nie. Die fees wat ons vier is getuienis van die Saad/Seun wat gekom het, wat die volmaakte plaas-vervagende offer was en eers opgewek is toe die mensdom se skuld voor God finaal uitgewis is! Sy opstanding - die kwitansie van ons regverdigmaking!
25-03-2018
Duration: 1 hr 8 mins
Verhouding, en daaruit geloof bring ons by die plek waar babas is t.o.v die koninkryk: in onskuld; in vrymoedigheid en sonder vrees! https://youtu.be/GzWaLZDVUmM