17-02-2019
Gesonde geloof is die geloof van God. Vir my en jou om oortuig te wees van hoe oortuig God is oor die mens. Vanuit gesonde Geloof vloei gesonde Woord en gesonde Gesag.
10-02-2019
Ons is die lig van die wêreld, ons is die Woord wat weer vlees word, wat sigbaar is in die wêreld. Ons woord kan net gesond wees wanneer die Bron Jesus Christus is.
03-02-2019
Die skrifte oor ons is vandag in ons ore vervul.
27-01-2019
Die openbaring van die geregtigheid van God gee ons 'n nuwe bril en verander ons uitkyk oor die Skrif. In die tydlyn beweeg ons nou verder na die geskiedenis van die konings van Israel en Juda en die profete wat in die tyd opgetree het. Ons kyk ook na die plasing en verskil tussen Konings en Kronieke. 2 Skrifte wat nuwe betekenis kry is 1 Kron 4:10 en 2 Kron 7:14
20-01-2019
Die ware en kontekstuele betekenis van vele sleutelwoorde in die Skrif maak die verskil tussen die wysheid van God in teenstelling met die wysheid van die wêreld. Vrees is een daarvan. Vrees as agting en respek trek my in verhouding met God in terwyl vrees (bang wees vir) afstand bring tussen my en Hom.
13-01-2019
Wat die huwelik tussen man en vrou so spesiaal maak is dat dit elemente van een vlees en een Gees bevat. Salomo beskryf 'n liefdespel met homself in die hoofrol, maar hy kon ongelukkig nie daarop voortbou nie, want daar het honderde vroue gevolg op die verhouding van Hooglied. Met Jesus Christus as hemelse Bruidegom is daar permanensie in die verbond. Geen skaduwee van ommekering by Hom nie!
06-01-2019
Om in die waarheid te wandel. Dit is een ding om die waarheid te hoor, selfs te ken, maar om daarin te wandel is die bewys dat ek deur waarheid oortuig is. My spraak en optrede getuig van die oortuiging waarin ek leef. Salomo se lewe getuig van die teorie van wysheid maar hy het gestruikel wanneer dit by die praktiese uitleef daarvan kom. Mens kan in wysheid begin maar dwaas optree, die waarheid ken maar steeds die leuen leef, - Die waarheid verkondig maar dit verloën deur my optrede. Geestelike luiheid en verkeerde fokus kan die resultaat wat waarheid moet hê van my beroof.

DIE TYDLYN167: DIE 'ON' MEETLIKHEID VAN GOD SE HEERLIK
HEID
Paulus se damwal van waardering breek, as hy die diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God - wat hy ontdek het, besing! Daarom kan hy nie anders as om homself te gee om bewoon en verander te word deur die Woord/God nie.
30-12-2018
Weens 'n kragonderbreking was die diens opgeneem nie.
Dit is op YouTube beskikbaar, maar daar is 'n onderbreking.