28-04-2019
Sal twee met mekaar saamwandel tensy hulle eers afgespreek het?
Amos sien die 'onsienlike'. Hy waarsku Israel en sy bure - die vyande wat hulle sou wegvoer in ballingskap ook oor die verwoesting wat goddeloosheid se einde is. God se uiteindelike droom bly egter onveranderd - uiteindelik wil Hy seën. Ons afspraak om met Hom saam te wandel is ons lewe en beskutting!
21-04-2019
As ons erkenning gee aan Gemeente en aan die uitspraak van God se Gees in/aan die Gemeente is dit gepas om te let daarop wat ons hoor en hoe, met watter gesindheid ons hoor.
Of ons regtig gehoor het sal weerspieël word in ons wandel (optrede). Dan manifesteer ons die profetiese (Elia) gesag. Die profete het 'n ingestelde oor gehad, dit het ook hul oë geopen om die onsienlike te sien, vergelyk Elisa by Dotan. Gesag lê juis daarin dat ons sien soos wat God sien.
14-04-2019
Die verskil tussen die twee modelle is groter as wat ons gedink het.
Wedergeboorte - wat die mens moet doen.
Geesgeboorte - wat God gedoen het.
07-04-2019
Die verskil tussen ou Verbond en Nuwe Testament is dat 'wees' weer vir 'doen' vevang het. Onbewustelik is gelowiges aan 'doen' gekoppel deur die begrip 'wedergeboorte'. Die misverstaan van die woord het menige (waarskynlik die meerderheid) gelowiges op 'n 'doen-pad' geplaas ipv 'n wees-pad. Geesgeboorte is die NT toetrede tot 'n lewe en oorvloed soos wat Jesus bedoel het.
31-03-2019
Nuwe Testament gebed het die formaat van gebed onder die Ou Verbond vervang. My begrip van die omvang van geregtigheid word in my gebedslewe weerspieël. Jósafat se lewe van toewyding was 'n sleutel tot die "verhoring" van sy gebed.
24-03-2019
Uiteindelik kom ons by Asa. Die Here, Sy oē deurloop die aarde... Die stroom van lewende water vloei van binne. Dis egter 'n ononderbroke leefwyse om in pas te bly met die beweging van God se Gees.
17-03-2019
Elia se hoogtepunt was op Karmel toe God sy offer met vuur geantwoord het. God het hom wonderbaarlik deur die droogte versorg en nou as Sy profeet bevestig. In Jisrieel laat Isebel hom weet sy gaan hom vermoor. Sy oomblik van "nou sal ek nie meer van my vyande ontkom nie" laat hierdie geloofsreus vlug en sy bediening abdikeer. Sy negatiewe gedagtes bring hom daartoe om 100 onskuldige boodskappers te vermoor.
10-03-2019
As die Here God is, volg Hom na, as Baal god is, volg hom na...Elia daag die volk uit.
Wie eer en dien julle as die Skeppergod, die God wat Hom deur liefde as Verbondsgod openbaar aan ons, of die Baas (Baal) wat ons kinders doodmaak, ons beskuldig en straf?
03-03-2019
Jerobeam die eerste en een van die mees goddelose konings van die 10 stam Israel. Ten spyte daarvan dat hy geweet het wie God is en vanwaar sy hulp is keer hy terug na- en volhard hy in die afgodery. 'n Waarskuwing vir ons, tot vandag.
24-02-2019
Die hartseer verhaal van Israel onder sy vele goddelose konings herinner aan ons situasie vandag. Wat kan ons doen om dit te verander?