die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Error

The teacher you requested is not available.

Latest sermons by
07-07-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 5 mins
Nahum profeteer teen Ninivé ongeveer 150j na die herlewing wat plaasgevind het met Jona se prediking. Die keer luister hulle nie met vernietigend gevolge. Ongeveer 50 jaar nadat Manasse Jesaja vermoor het tree Sefanja op as profeet in Juda. Om Skrif uit NT perspektief uit te lê word hierdie boek 'n pragtige beeld van die mensdom se insluiting in Christus.
30-06-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 2 mins
Die eerste 39 hoofstukke handel by herhaling oor 'n minderwaardige volk wat volgens sy eie m/ waardigheid wandel.Israel was "God se volk" maar het nie volhoubare oorwinning geken nie. Slegs intimiteit vestig oorwinning. Minderwaardigheid is so sterk dat dit my teen my eie mense sal draai. Dit loop hand aan hand met vrees. Dis waarteen God profeties waarsku. Uiteindelik is die enigste oplossing vir die mens God se ingryp. Met elke vemaning kom die belofte van Sy herstel- plan.
23-06-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 2 mins
Om die boek Jesaja ( die Bybel in die kleine) te verstaan het ons nodig om die reëls vir skrifuitleg noukeurig te volg. 1. Die onbesproke, onveranderlike karakter van God wat liefde is. 2. Die konteks van die kruis en die opstanding van Jesus Christus. 3. Die konteks van die spesifieke skrifgedeelte.
16-06-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 3 mins
God se hart is om die saak uit te maak. Dit wat nie uitgemaak/gepraat is nie bly in die lug hang. Erkenning is nodig om te kan herstel, nie die smerige detail van die oortreding nie.
09-06-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 15 mins
Jesaja se roeping spreek in die eerste plek sy spraak aan.
02-06-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 11 mins
Die profete tree op in die tye van die Israel en Juda konings. Hulle, en die volk luister nie, hoor nie en die einde is ballingskap. Die profetiese woord gaan elke keer terug na Jesus en Sy oorwinning oor sonde. Hy is net so relevant vir ons as destyds vir Israel. Dit pas ons dus om aandag te gee sodat ons lewens en verhoudings nie ook in ballingskap eindig nie.
26-05-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 9 mins
Hosea - die Here verlos speel die rol van Jehoshua (Jesus) as die man wat met 'n straatvrou in die huwelik tree, Sy naam oor haar uitroep, haar versorg en gaan terugkoop selfs nadat sy weer gaan hoereer het en in slawerny verval het. Hosea is die openbaring van God as die ewige Minnaar se liefdeshart en die emosie wat as gevolg van onbeantwoorde liefde ook in God afspeel.
19-05-2019
Duration: 57 mins
Wie is God vir jou....vir jou of teen jou....Thanos of God? In 'n wêreld waar God so baie misverteenwoordig word het die tyd aangebreek dat ons 'n keuse moet maak oor wie God vir "my" is....Die keuse/siening wat ek koester aangaande God, het 'n direkte uitwerking op my identiteit, waarde en gesag.
12-05-2019
Duration: 53 mins
Ondersoek jou geloof, maak klaar met die ban van godsdienstigheid. Al is dit hoe klein, 'n ban bly 'n ban. Dit laat 'n bedekking wat jou beroof van die lewe wat daar in Christus Jesus is.
05-05-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 4 mins
Joel waarsku soos die ander profete teen die gevolge van sonde. Die volk kies om nie te luister nie, maar God ywer vir Sy volk en verskoon hulle. Joel kondig die koms van die dag van die Here aan - die dag waarop Hy die Leraar tot geregtigheid (Heilige Gees) stuur en die fout van Adam sou omkeer! Ons leef in die dag van blydskap!