29-10-2017
God se beloftes (soos beskerming) is beskikbaar deur Jesus se opstanding (2 Kor 1:20)
Om die beloftes (WOORD) te laat realiseer (WOORD WORD VLEES) het ons nodig om Geestelik aangeskakel te wees. Daarvoor is die Geesmens se aktivering noodsaaklik.
22-10-2017
Ervaar die vrede wat alle verstand te bowe gaan, in 'n verhouding met God - vry van jou verlede en enige mensgemaakte "kleed".
15-10-2017
Hoe ontvang die hoorder die prediking? As woorde van menslike wysheid of Gees en krag? Eersgenoemde hoor die woord as vleeslike mens en beoordeel dit vleeslik. Laasgenoemde ontvang dit as Gees in die geesmens as Gees en krag. Ons het elkeen 'n konfrontasie nodig waar die vleesmens ingeruil word vir die geesmens.
08-10-2017
Die lewe en oorvloed waarna Jesus verwys is om Gees, siel en liggaam geheel en al onberispelik te wees soos wat Hy Homself in my openbaar. Nie eendag nie, vandag! (1 Thes 5:23)
01-10-2017
Die rus van die Here God rus nie omdat Hy moeg is nie. Hy rus in stil tevredenheid oor die mens - die volkome herstel wat Sy Seun met Sy offer gebring het. Om in Sy rus te wees is om soos Hy oortuig te wees - van die volle som van Sy gedagtes aangaande die potensiaal vir goed in elke mens.
10-09-2017
Nuuskierigheid vir die Woord vat jou altyd nader aan God en as jy naby genoeg is hoor jy God se stem en Sy hartklop en ontdek jy Sy Droom vir jou lewe, maar as jy bang is, bly jy altyd op 'n afstand en sal jy nooit by God se DROOM uitkom nie.(Exodus 3:8)
03-09-2017
Wie is ek? en wat maak ek hier? Twee vrae waarmee jy jouself een of ander tyd behoort te konfronteer. Die doel hiermee is nie om ou koeie uit te grawe nie maar om toe te laat dat God deur Sy Gees jouself persoonlik sal wys wie jy is en wat jy hier maak. Konfrontasie gebeur net wanneer jy jouself beskikbaar stel en vir die feesmaal opdaag. Face tot face om die tafel sit en jou hart met Vader deel. Hy is besonder goed om te luister en Sy terugvoering oortref elke verwagting wat die mens ooit oor homself sou koester. Wie is ek? - Kind van God. Nie omrede ek Hom as Vader aangeneem het nie, maar omdat Hy my reeds van die begin af as kind in Sy Seun ingereken het. Wat maak ek hier? - Ek is 'n demonstrasie van Sy Heerlikheid en die ewige lewe 'n brief wat deur almal gelees word.
27-08-2017
Speaker: Jan Brand.