02-04-2017
Feite kennis is een ding, om hierdie feite te glo is ’n ander,
Maar om met ware oortuiging te leef, is waar die oorwinning lê.
“Waar lê jou oortuiging?” – ’n getuienis oor die uitdagings van
die lewe en triomf in Christus.
28-03-2017
Om verlief te bly het die opwinding van energie en blydskap en 'n wip in die stap. Maar dit is slegs moontlik as ons aanhou om op mekaar ag te gee. God doen dit van Sy kant af. Die vraag is, doen ons dit ook??
19-03-2017
Die geboorte uit die hemel (van Jesus) is ongelukkig vertaal met "wedergeboorte" wat vir so baie Christene 'n kaartjie hemel toe beteken sonder 'n betekenisvolle liefdesverhouding met God se Gees.
Om Jesus "aan te neem" het die ontvangs van die Gawe van genade (Jesus Christus) vir so baie vervang. Die gevolg is dat daar duisende "wedergebore Christene" is wie se lewens nie van oorwinning getuig nie.
12-03-2017
Om Jesus te volg is 'n belewenis, veel meer as Kerk toe gaan; Bybel lees; bid & Hemel toe gaan.
Dis ook veel meer as Godsdiens, want Godsdiens is wat ek vir God moet doen, en ek sal altyd twyfel of ek genoeg gedoen het, terwyl die Evangelie is wat Jesus vir my gedoen het, en dit wek geloof in my hart op.
Hierdie ontdekking het gemaak dat ek 'n kopskuif moet maak en dit beteken om my denke te vernuwe (Rom 12:1 & 2) Hierdie kopskuif het my die skat laat ontdek, ( Mat 13:44 ) en dit was maklik om alles te los waarmee ek grootgeword het (Godsdiens) en hierdie skat van die Koninkryk te koop.
Hierdie ontdekking het my verder gevat na 'n BELEWENIS met God, bv om met God wakker te word in die mõre en dat Rom 14 :17 meer is as 'n teksvers.
Onthou geen belewenis sonder 'n ontdekking nie!
05-03-2017
Geestelike paraatheid vereis groei en volwassenheid. Daaruit kom verantwoordelikheid vir die lewe en gesag wat vir ons verdien is deur die Seun se dood en opstanding.
26-02-2017
Paulus waarsku die Kolossense om nie oortuig te word deur redenasies wat terugkeer na die eerste beginsels van die Woord nie. Die oue is uitgedien - dit hou nie vrymaking in nie.
Ons het nodig om die nuwe te omhels om te kan oorwin!
19-02-2017
Jesus eggo Sy Vader se begeerte dat ons Hom in Gees en Waarheid aanbid (Joh 4:24)
Hy rus ons toe met Sy Heilige Gees wat die Woord in ons harte soos warm brood oopbreek. My keuse is om toe te laat dat Sy woord woning maak in my denke (Joh 14)
Kritiek in ons harte teenoor mense, die land ens. roof ons van hierdie lewe in vryheid!
Wie dans op die vloer van my denke? Die Woord en die Heilige Gees of kritiek en vleeslikheid? NET ek kan kies wie!
12-02-2017
Die voorsetting van die inruil proses - Om gehoorsaamheid in te ruil vir oortuiging.
05-02-2017
Ware oortuiging van jou ware identiteit in Christus laat mens "wees". Sonder oortuiging val die mens terug op gehoorsaamheid - iets (die regte ding) te doen al is dit nie uit oortuiging nie.
29-01-2017
Ons as ouers vind soveel plesier daarin om ons kinders se gesigte dop te hou wanneer hulle 'n geskenk kry en veral die joy wanneer daardie geskenk oopgemaak word en hulle sien wat daar binne in is.
Die Vader se hart is dat ek en jy meer en meer tyd sal spandeer om die inhoud van die alles omvattende geskenk nl. die lewe van Christus wat vir eeue verborge was te ontdek.
Minderwaardigheid is die euwel wat ons beroof van vrymoedigheid omrede dit ons stroop van die identiteit wat ons in Christus het.
Minderwaardigheid haal die joy uit die Geskenk en dwing die mens om joy op baie ander plekke te soek,Mense raak by soveel goed betrokke en spandeer soveel tyd en geld om die ruimte / gemis binne in hulle te probeer opvul. Soms beleef hulle die illusie van vreugde maar is van korte duur. Dit lei tot 'n konstante gesoek 'n op en af lewe van onversadigheid en onvergenoegdheid.
Dit is eers wanneer die Geskenk die ruimte binne-in die ons opvul dat ons vrede kry. Die grootste avontuur begin egter wanneer daardie geskenk oopgemaak word en dit die inhoud daarvan ons so oorweldig met heerlikheid en grootsheid en wat wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie word waarheid in jou lewe. .
Die inhoud van die Geskenk is die Woord wat vlees geword het en die effek daarvan is dat jou vlees verander in woord.