14-05-2023
RAGAB -
'N verhaal van 'n vaste oortuiging, hoop, moed, genade, redding en guns.
07-05-2023
DIE TYDLYN 220: "SAKE UIT DIE NOTULE"
'n Antwoord op mense se aannames en vrae wanneer hulle die goeie nuus van God se ware karakter hoor!
30-04-2023
ONS REAKSIE OP VADERHART - LÉÉF JOU IDENTITEIT!
23-04-2023
DIE TYDLYN 219: JESUS KOM OPENBAAR GOD SE VADERHART
Om te onderskei tussen die werke van God en dié van die dief wat steel, slag en verwoes. Jesus het gekom om die werke van die duiwel te verbreek. Belydenis van Sy Naam is ons sleutel tot beskerming maar ware belydenis is baie anders as wat godsdiens ons geleer het.
16-04-2023
DIE TYDLYN 218: FUNDAMENTELE BEGINSELS LEI ONS TOT OPENBARING
Die oorgang van sondaarskap na geregtigheid, eie poging na geloof, wat geskrywe staan en hoe dit vervang word met wat óók geskrywe staan en wat moes gebeur en toe wél gebeur het. Dit bring ons uiteindelik by God se geloof wat óns 'beperkte' geloof vervang.
09-04-2023
DIE TYDLYN 217: EK GLO HERE, KOM MY ONGELOOF TE HULP!
Die pa van die maansieke kind se gewilligheid om oortuig te word is die sleutel tot die proses wat ons geloof noem.
02-04-2023
DIE TYDLYN 216: DIE VERHEERLIKING OP DIE BERG
Die geleentheid waar Moses en Elia (Wet en die profete) deur God "weggeneem" word en die Seun (Woord) alleen oorbly!
26-03-2023
DAWID VS GOLIAT (J PIENAAR)
Jesus het reeds die vyand en al sy bose aanslae verslaan. Ek en jy bevind ons vandag in die vallei van Lewe, in die oorwinningsposisie van die Lewende God.
1. EEN GOD.
2. VALLEI VAN DOOD OF
LEWE.
3. 'N PAAR WOORDE.
4. HET JULLE DIE MAN
GESIEN?
5. GOD SE EER.
6. OPSTAAN VS AFPRAAT
7. KEN,OEFEN,ONTHOU-
ONDERWERP.
19-03-2023
DIE TYDLYN 215: OM TE LEWE VAN ELKE WOORD WAT UIT DIE MOND VAN GOD UITGAAN.
Die sleutels tot dié lewe (oorvloedig) is 1, om te verstaan wat gebeur hét teenoor wat moét nog gebeur, 2, Alles wat ons doen uít verhouding en liefde is 'wees' en wat ons doen vír verhouding is doen.
12-03-2023
DIE TYDLYN 214: DIE MENS SAL LEWE VAN ELKE WOORD WAT UIT DIE MOND VAN GOD UITGAAN.
OT het die mens uitgesien na die belofte. NT is die belofte vervul. Die woord het vlees geword. Dit is wanneer my verhouding met die Woord persoonlik word dat dit effek neem in my lewe.