31-03-2024
DIE TYDLYN 252 - LYDING-VERDRUKKING-OORWINNING
Kinders van die Here is nie gevrywaar van verdrukking en vervolging nie. Die ekstase van intimiteit en een-wees met Hom versag die vervolging en verdrukking waardeur elke kind van die Here gaan tot die mate dat ons dit vreugde kan ag. Jak 1:2
24-03-2024
DIE TYDLYN 251 - JOU EERSTE LIEFDE
Die vervulling van die eindtyd speel hom af oor die geskiedenis. Vir nou is die kinders van die Here se teenmiddel teen alle aanslae teen ons om waarlik bruid te wees - om terug te keer na ons eerste liefde en daarin te bly!!
17-03-2024
DIE TYDLYN 250 - TUSSEN-DIE EERSTE EN DIE TWEEDE KOMS VAN JESUS
Sy eerste koms was vir verlossing - die uitnodiging staan steeds. Die tweede koms sal wees om te oordeel - positief of negatief om finaal met sonde en goddeloosheid te deel. Intussen is ons visie om bruid van Christus te wees.
10-03-2024
BLY IN MY SOOS EK IN JULLE (JOH 15:4)
Sien jouself soos God jou sien en vind en ervaar sekerheid, vreugde en vrede in jou posisie in Hom.
03-03-2024
BID SÁÁM MET DIE ANTWOORD i.p.v VÍR DIE ANTWOORD
Ervaar die vreugde daarvan om in Jesus met absolute vrede en sekerheid sáám met die Gees van die Almagtige te bid.
25-02-2024
BREEK DIE DAK OOR JOU BEPERKINGS OOP!
Lig die dak oor jou beperkings en dít wat jou terughou en leef in vervuldheid.
18-02-2024
JESUS SE GEBED OOR JOU ÉN JOU GELIEFDES.
'n Gebed van Jesus sodat ons EEN kan wees met Vader, Seun en Gees en die VOLHEID, HEELHEID en HEERLIKHEID van Jesus kan ervaar.
11-02-2024
DIE TYDLYN 249: DIE OORDEEL VAN DIE LAASTE DAE
Die oordeel was van altyd af werkend. My keuse bepaal of die uitkoms positief of negatief is.
04-02-2024
DIE TYDLYN 248: DIE ALPHA EN DIE OMEGA=GELOOF>LIEFDE>HOOP
Die oordeel is reeds van altyd af werkend - ook vandag. Die proses van opweeg, tot 'n oortuiging kom en die gevolg! Dit kan positief of negatief wees. Kies dan die lewe!
28-01-2024
TERUG NA JOU EERSTE LIEFDE
Sien en ervaar God se tere liefde en nabyheid in alle omstandighede - 'n Heilige Teenwoordigheid wat jou standvastig sal hou.