die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
06-04-2025
Duration: 1 hr 1 min
REKENSKAP 4 - TUGTIGING (JAN BRAND) Tugtiging uit Calvyn se oogpunt is 'n vorm van straf. Met geregtigheid as uitgangspunt is dit 'n soeke en uitnodiging na dieper verhouding.
30-03-2025
Duration: 1 hr 5 mins
REKENSKAP 3 - GOD SE VADERHART-TUGTIGING. JESUS het die wêreld kom verlos van sondaarskap, maar nie van sonde nie, sonde (om buite verhouding met Hom te leef) word eers weggedoen wanneer ons in geloof in 'n liefdesverhouding met Hom tree. Die Wet is bekragtig deur die strafproses, deur geregtigheid isverhouding moontlik. Die "straf" nou is die verlies om nie in verhouding te wees nie en die gevolglike verlies aan die byvoordele wat die verhouding met God inhou.
23-03-2025
Duration: 1 hr 9 mins
REKENSKAP - DIE REGVERDIGE SAL UIT SY GELOOF LEWE Geregtigheid was eerste - deur God se geloof. Die Evangelie wil ons daarvan oortuig en wanneer ons oortuig is, bepaal dit (geloof) ons leefwyse waarin daar geen ruimte gelaat word om in sonde te volhard nie.
09-03-2025
Duration: 1 hr 6 mins
'N UITNEMENDER WEG. Dis soveel makliker om in die eenvoud van Gemeente wees met God te wandel as om die moeitevolle pad van Kerk met soveel meer struikelblokke te volg.
02-03-2025
Duration: 1 hr 4 mins
DIE PAD NA WARE LIEFDE EN VRUG Ontdek in Petrus se reis van Riet na Rots sy geheim vir 'n lewe wat getuig van die volheid vir 'n lewe wat getuig van die volheid van die Gees in jou.
23-02-2025
Duration: 1 hr 4 mins
DIE VRUGTE VAN DIE GEES Net soos die Wet die mens se tugmeester na Christus was/moes wees, so is die vrugte van die Gees (Gal 5:22) NT ons tugmeester na ons intieme verhoudings met God se Gees in ons. Dis Hy wat die vrugte deur ons dra!
16-02-2025
Duration: 54 mins
DIE KONINKRYK EN JÝ - BLYDSKAP. Daar is baie dinge wat ons bly maak soos gesondheid, voorspoed, verhoudings wat blom ens. Blydskap as vrug van die Gees lê veel dieper. Dit is nie gekoppel aan eksterne faktore nie.
09-02-2025
Duration: 1 hr 5 mins
AAN SULKES... KONINKRYK-BINNE IN JULLE. Die Koninkryk vestig eers binne in ons en daarna stort dit uit. Vrugte en gawes is nie gedrag wat mens aanleer nie, dis die strome van lewende water wat uit ons binneste vloei!
02-02-2025
Duration: 1 hr 3 mins
AAN SULKES... LAAT JOU DAN TUGTIG. Die Koninkryk is God se Gees in ons en die mate waarin ons aan Sy wens en inspraak onderworpe is.
26-01-2025
Duration: 59 mins
GEVOED EN GEVUL MET JESUS Net soos wat Jesus Sy dissipels bemoedig en hul tenk gevul het, bedien Hy ons met Sy teenwoordigheid, vrede, liefde, vryheid, visie, hoop en Gees.