Nuutste Woordopnames
{ccconsent}{/ccconsent}
Efe 5:16 , 2 Tim. 4:7 , 2 Pet 1:19
“Om DIE GELOOF TE BEHOU…. “ ongeag omstandighede - gunstig of ongunstig , is elke kind van God se keuse , fokus , verantwoordelikheid en strewe.
Paulus en Petrus het vanuit hulle lewens vir ons op geskryf wat hulle eersterangs ervaar , beleef en geleef het.
Vir elkeen wat “GELOOF” ontdek het vanuit GOD se waarheids perspektief , besef ons dat LEWE & TYD = ‘n voorreg en geleentheid met ewigheids waarde - “om HOM te ken “ ( Joh 17:3 )
Wat ons dan egter het om die GELOOF TE BEHOU , is diè PROFETIESE WOORD wat baie vas is …………..dit is meer as om na ‘n preek te luister , dit is om die intimiteit met GOD se WOORD & GEES te beleef en om daarop ag te gee , konstant en totdat ……………
Enigeiets met waarde is tog waardevol !
Dws…………om iets met waarde te besit , gaan ons iets kos , moeite ….dissipline , volharding , lydsaamheid …….alles positief ………..en die resultaat = die moeite werd ❗️
Daarom kan ons met Paulus en Petrus vandag saamstem , ongeag wat ook al …………daar is niks wat ons ooit sal kan skei van die liefde van God wat daar in Jesus Christus is nie .
Duration:1 hr 13 mins
Audio:listen