die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
28-02-2021
Duration: 56 mins
Die prediking gaan oor verhouding. Verhouding is keuse. Keuse is verantwoordelikheid. Die uitnemender weg is liefde - die liefdespel met God se Gees nou. Dan is die toekoms verseël.
21-02-2021
Duration: 56 mins
Daar is 'n verskil tussen 'n fisiese koms van Jesus en Sy verskyning in ons alledaagse lewens. Die voorreg is om nou in Sy teenwoordigheid te leef.
14-02-2021
Duration: 1 hr 6 mins
Die Evangelie vs Minderwaardigheid. Minderwaardigheid en/of die oorblyfsels daarvan is ons grootste vyand in die uitleef van ons skeppingsdoel.
07-02-2021
Duration: 1 hr 4 mins
Paulus se 2e sendingreis bring hom uiteindelik in Korinthe. Vandaar skryf hy albei sy briewe aan die Thessalonisense. Hy moedig hulle aan in hul geloofslewe en antwoord hulle vrae oor die wederkoms van Jesus.
31-01-2021
Paulus se tweede sendingreis (vervolg) Die sendeling in elkeen van ons, die dryfkrag daaragter. Paulus se rede op die Areópagus in Athéne.
24-01-2021
Duration: 52 mins
Ons gaan voort met Paulus se tweede sendingreis na Klein Asië en Macedónië
17-01-2021
Duration: 1 hr 4 mins
Soos wat die brief aan die Galásiërs hoofsaaklik gaan oor ons volmaakte stand, is Jakobus se brief gerig op ons wandel prakties.
12-01-2021
Duration: 55 mins
Om die brief te verstaan: Jakobus beklemtoon verhouding eerste, die bevestiging van ons nuwe identiteit. Daarna volg al die fassette wat die brief behandel... Dan sal... Ons geloof in aksie oorgaan en nie net woorde wees nie Ons teenstand as 'n geleentheid sien ons, ons tonge gebruik om lewe te skep ens.
03-01-2021
Duration: 1 hr 5 mins
Die resultaat van ware geloof is aksie. Jakobus se werke van die geloof is Paulus se vrugte van die Gees. Netso is Paulus se werke van die vlees die vrugte van ongeloof.
27-12-2020
Duration: 1 hr 0 mins
DIE TYDLYN 119: Jakobus die brief aan die 12 stamme. Jakobus rig sy brief aan almal (Israel) en ons wat eens onder die wet was. Die essensie is 'n intieme verhouding met God se Gees binne in ons. Om diep in te kyk is om te sien soos wat God sien, die enigste ware herstel vir verhoudings. Die geesmens word deur Woord gevoed, die vleesmens deur omstandighede.