08-08-2018
Time out is 'n term wat in sport gebruik word om die tyd te stop. Wanneer die skeidsregter "Time - Out" roep, kom alles tot 'n stilstand. Alle fokus word dan op die skeidsregter geplaas sodat daar uitklaring kan kom oor hoekom hy die spel gestop het.
Net so roep God ook soms 'n "Time - Out" in jou lewe. Dis in hierdie tyd dat Hy wil hê dat jy tot totale stilstand moet kom en self-ondersoek moet doen om te sien of jy nog in pas is met Hom en waarheen jy op pad is.
29-07-2018
Die beloofde land (oorwinningslewe) is vir ons verdien. Dit moet egter in besit geneem word. Joshua leer vir ons die lesse. Geen kompromie met sonde, dit vang jou later uit (Agan). Netso bring goeie saad onverwagte hoë oesopbrengs (Ragab). Uiteindelik is Joshua die voorbeeld vir ons almal van 'n rigter wat met voorbeeld lei.
22-07-2018
Na Moses se dood lei Joshua die volk deur die Jordaan die beloofde land binne. Vergelyk dit met die Man Jesus wat onder ons kom woon het, gestef en opgestaan het en ons nou ons oorwinningslewe binnelei deur Sy Gees in ons. Oorwinning kom eers nà stryd - in ons geval teen sonde - die uitroei van alles wat nie God se plan is nie en die besetting van ons erfenis - ons geestelike grondgebied!
15-07-2018
Moses was die volk se hoop op heerlikheid - die toegang tot die lewe en oorvloed van God se beloofde land vir hullle. Jesus was die "Moses" vir Sy dissipels. Nou egter, na Sy opstanding en hemelvaart het Hy Sy Gees aan ons gegee om in ons te kom woon. Die salwing in ons is nou ons verwagting van heerlikheid - hier en nou! Kol 1:27
08-07-2018
Moses het verhouding met God geken, die Volk het God net "geken" vir voorsiening, Genesing en beskerming en elke keer as hulle in die nood is het hulle gerebelleer of gemurmureer. Hulle het eintlike lewe en oorvloed gemis.
01-07-2018
Moses lei Israel na Sinai waar hulle verhouding (God se droom met hulle net soos met Moses) van die hand wys en verruil vir 'n stel reëls (beginsels) wat hulle in hul gevalle toestand in elk geval nie kon doen nie! Vergelyk dit met die gawes van die Gees en die vrugte van die Gees wat ons kan aanleer en demonstreer sonder om noodwendig verhouding en intimiteit met God te hê.
24-06-2018
Laat God toe om jou deur 1 Petrus 5:10 te herstel tot jou oorspronklike doel en stand.
17-06-2018
God is liefde en daarom gee Hy ons die vryheid om self te kies. Die vraag is wat maak jy met hierdie vryheid? Die oortuiging van Christus in my (lewe in oorvloed) kan net manifesteer as ek dit kies. Oorwinningslewe is binne in jou, jy het dit reeds ontvang (1 Kor 15:57) Kies dit!
Vandag hou ek voor aan jou die lewe en die dood, kies dan die lewe sodat jy kan lewe! KIES DIT! Kies om te kawa – om in eenheid met God se Gees te kom. (Bluetooth moments)
Kies om jou denke vol te maak met waarheid / Woord.
Kies om verlief te raak op die Woord – bedink /oordink dit dag en nag.
Kies om ontslae te raak, ontslae van die ou denkpatroon / verwysing – Egipte.
Kies om jouself te sien saam met Christus-lyde/sterwe/opstanding.
Kies om Christus in jouself te sien.
Kies dat jy Sy heerlikheid / jou oorspronklike gesig in die wêreld sal wees!
Die lewe in oorvloed / oorwinning is ‘n keuse. Wat maak jy daarmee?
10-06-2018
Moses se lewe wys ons watter effek die vrese(respek) vir God en Sy beloftes op n lewe het. Omdat sy ouers meer waarde geheg het aan God se droom as Farao se wet, het hul besluit 'n generaal opgelewer waarvan die wêreld sedertdien nie weer die gelyke gesien het nie! Net soos met Abraham is daar 'n Moses in elkeen van ons - aan die anderkant van ons minderwaardigheid. daar begin ons die avontuur van die lewe en oorvloed beleef!
03-06-2018
Job, die vroom man wat opreg verkeerd was in sy beskouing van die God wat hy so getrou gedien het! Totdat 'n jongman, Elihu, hom laat dink het. Dit het die ommekeer gebring en sy einde was selfs meer geseënd as sy begin. Kyk ons dieper word Job 'n tipe van die Seun van God!