die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Error

The teacher you requested is not available.

Nuutste Woordopnames

Latest sermons by
14-10-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 7 mins
Dawid- keuse oorsaak en gevolg. Dawid se lewe word gekenmerk deur hoogte en laagtepunte. Eg. spreek vir hulleself, die laagtepunte en Dawid se vermoë om daaruit op te staan is inspirerend. So tree Dawid in sy boetepsalm (51) eintlik op namens die mensdom en word sy lewe 'n profetiese beeld van die Gemeente.
07-10-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 10 mins
Dawid, die man na God se hart. So anders as Saul, is Dawid God se keuse en nie die mense se keuse nie - God sien die hart aan! Dawid se verhouding is met die Persoon van God, vir wie Hy is en nie noodwendig vir wat Hy moet doen nie! Vir God gaan dit oor verhouding. Sonde het Hyself mee weggedoen. Verhouding is en bly egter ons keuse.
30-09-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 3 mins
Saul, die man met 'n verdeelde hart. 'n Verdeelde hart is wat die volk 'n koning laat begeer, net soos in Moses se tyd met die wet. God antwoord hulle na hul drekgode (Eseg 14:4) en gee vir hulle 'n koning na die vlees. Saul, kop en skouers bo die res maar met 'n hart wat nie op God gerig is nie. So verloën en verloor hy die geskenk van salwing en gesag wat God hom gegee het.
23-09-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 8 mins
Daar is 'n groot verskil om die Here te dien en om die Here te ken. Dis die les wat die klein Samuel reeds vroeg geleer het. Ken is 'n ontwikkelende verhouding.
16-09-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 17 mins
God se gedagtes was van die begin af onveranderd. Adam het uit die verhouding uitgestap en vandaar die gaping - "My gedagtes is nie julle gedagtes nie... so hoog soos die hemel bo die aarde" God stuur Sy Seun - Sy gedagte/woord word vlees. Hy kom oorbrug die gaping - soos ons in Adam gesterf het, is ons vir die laaste Adam lewend gemaak. Ons is nou gesete in hemelse plekke - Ons gedagtes behoort ook hier! Selfs onder die ou verbond vind ons mense met onverdeelde harte wat die gaping deur Adam gelaat kan oorbrug. Een so 'n voorbeeld was Hanna die moeder van Samuel wat vanuit die verhewe posisie profeteer op Jesus Christus!
09-09-2018
Duration: 56 mins
Watter waarde koppel jy aan die Woord van God? Is dit teorie of is dit 'n Persoon waarmee jy in 'n persoonlike verhouding is? Woord maak slegs impak indien jy die Draer van die Woord,Jesus die Lewende Woord persoonlik ken en saam met Hom leef. Ons reflekteer die Lig binne ons. Die intensiteit van die Lig wat ons op elke toneel bring is direk eweredig aan kontak tyd met die Lewende Woord binne in ons, waartydens 'updates' gemaak word. Wat ons bemagtig om te heers oor die aanslag van die vyand wat soos n brullende leeu rondloop en soek wie hy kan verslind.
02-09-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 3 mins
Ons almal word gekonfronteer met "hongersnood" - die probleem met baie gesigte, veral waar gesag rondlê. Ons word dus beweeg deur vrees of vrede! Ons het die vrede nodig wat die verstand te bowe gaan. Rut is die pragtige voorbeeld van iemand wat vir die regte rede emigreer. "U God is my God" - so vind sy dan ook haar bruidegom - die beeld van Christus en Sy gemeente.
26-08-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 16 mins
Soos Israel Kanaan moes skoonmaak van die afgode, so maak ons ons eie lewe skoon van die afgode. Gesag wat rondlê maak my een van die 9700 wat huistoe gestuur is deur Gideon! 300 met onverdeelde harte word die reuse teen die ontelbare getalle van die Midianiete. God kan selfs een alleen gebruik soos Simson. Die hartseer is dat hierdie sterk man die bespotting van sy vyande word omdat hy op sy eie vermoë begin steun. Onthou die stryd toe en nou is lig teen duisternis. Die rassekaart is 'n rookskerm van die vyand!
19-08-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 18 mins
Nuwe Testamenties is almal van ons potensiële rigters! Gideon se sukses was sy intimiteit met God wat hom onder andere in staat gestel het om van die afgode in sy eie huishouding ontslae te raak. Dit het hom aanvanklik baie onpopulêr gemaak, maar later sy leierskap bevestig. Ons gesag word weggevreet deur die "afgode" - hoe verskans ookal, waarmee ons nie bereid is om te deel nie.
12-08-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 35 mins
Die ongeveer 200 jaar wat verloop het vanaf die intog in Kanaan tot die vestigings van die konings - 'n beeld van die oorgang tussen gemeente na kerk. Die rigters was God se noodmaatreël om Israel te preserveer by gebrek aan hulle verhouding met God. Netso is die vyfvoudbediening vandag God se rigters vir 'n mensdom, totdat ons almal kom tot die volwasse man.