die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Error

The teacher you requested is not available.

Latest sermons by
23-12-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 44 mins
'n Naam is verkiesliker as groot rykdom. Ons voorreg is ons toegang tot die Naam bo elke naam!
16-12-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 8 mins
Die keuse vir God se wysheid is deurlopend. Dit is iets wat ons naspeur van dag tot dag. Dit bring ook groot verantwoordelikheid. Ons volksgeskiedenis dui op 'n soeke na die Here met beperkte kennis. Ons (as gemeente) het ons gedistansieer van die oorlewering van die godsdiens waarin ons voorgeslagte hulle bevind het. Ons kyk dus nuut na geloofmylpale soos geloftedag en oorleweringsgebruike soos kersfees.
09-12-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 7 mins
Dawid maak twee groot foute in sy lewe. Sy owerspel met Batseba en die telling van die volk. Hy is vergewe daarvoor, maar sy keuses het verreikende gevolge. So kry Salomo ook 'n wens (keuse). Hy maak 'n wyse keuse maar pas die wysheid nie op homself toe nie. Elkeen van ons het dieselfde keuse!!
02-12-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 55 mins
Die vervalle hut van Dawid. Die voortdurende lofoffer aan God kom uit intimiteit. Dit is die gestalte van Rom 12:1 en 2. Dit is die "hut" van Dawid wat God weer opgerig het in sy Seun. Dit laat ons die Psalms, vir een, anders lees.
25-11-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 15 mins
Alle huwelike (verhoudings) het onderhoud nodig. Veral ons geestelike verhouding. Psalm 119 is soos 'n diensplan vir die uitbouing van ons verhouding met die Gees van God in ons.
18-11-2018
Series: Diep in kyk
Duration: 52 mins
Die lewe anderkant die Jordaan is die onsigbare, die Geeslewe, die lewe in oorvloed wat God aan Abraham beloof het en wat in Jesus vir elke mens 'n werklikheid geword het. Dit bly egter die mens se keuse om hierdie erfenis in besit te neem. Soos wat God aan Josua beloof het, elke plek wat julle voetsool op sal trap dit gee ek aan julle. Hierdie onsigbare land-lewe moet eers sigbaar word, voordat ons dit kan vat. Die geloof van God en nie my geloof wat gebaseer is op menslike wysheid en oorredende woorde nie ( 1 Kor 2: 4-5) Maak die onsigbare - sigbaar. God se geloof - oortuig my van my Geregtigheid in Sy Seun en gaan ek nou met Vrymoedigheid deur die voorhangsel tot by God waar ek saam met Hom maaltyd hou. Hier verdwyn die sigbare aardse/tydelike en raak dit irrelevant. Die Geeslewe /onsigbare raak nou sigbaar en kan ek dit vat. God se Heerlikheid. Die verborgenheid - my vrygekoopte onskuld word nou sigbaar Dit word sigbaar deur in te kyk in die Woord/liefdesbrief van God aan die mens - totdat ek myself in Jesus sien en Jesus in my.
11-11-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 8 mins
Die Psalms, veral van Dawid dra die profetiese boodskap van Golgota. Ps 22, 23 en 24 volg mekaar op. 22 beskryf Jesus, Sy dood en opstanding - ons verlossing, 23 die seën waarmee ons nou geseën is (Efes 1:3) en 24 die oproep om verander te word in ons denke om die volle som van God se gedagtes te kan akkomodeer. Ps 23 kry eers beslag in my lewe as ek Ps 22, die offer aanvaar het!
04-11-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 6 mins
Om daarop aanspraak te maak dat jy die waarheid ken, kan ver verwyderd wees daarvan om die waarheid te leef. Dit word weerspieël in die respek wat ek vir Sy teenwoordigheid in my het.
28-10-2018
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 47 mins
Alhoewel hy nie as profeet geroep is of gesalf is of die Woord van die Here na hom gekom het soos met ander profete nie, noem Petrus hom 'n profeet en is hy een van die profete wat die meeste aangehaal word deur Jesus self en in die Nuwe Testament. Sy woorde, as uitvloeisel van sy verhouding met God, word die getuienis van 'n profetiese lewe -' n veel hoër bediening as met die van die profete.
21-10-2018
Duration: 1 hr 51 mins
Die tydlyn verteenwoordig God se reddingsplan om die vervalle mensdom oor te bring vanuit die mag van duisternis na die Koninkryk van Sy Seun van Sy liefde. Jesus is die sentrale tema. Watter impak het die reddinsplan op jou? Jy kan jou na die kruis in Egipte, Woestyn of anderkant die Jordaan bevind? Jy is in geseën met burgerskap van die beloofde land wat die Lewe in Oorvloed is. Die vraag is weet jy dat jy daar is, of verkies jy die woestynkant van die Jordaan waar godsdiens en 'n Moses goed genoeg is. Waar jy God dien vir beskerming, voorsiening en genesing? Konfronteer jouself met vrae soos: Hoe beleef jy oorwinningslewe? Hoe ernstig is jy met jou verhouding met die Vader? Dis so belangrik dat jy nie n voorspoedige lewe verwar met die lewe anderkant die Jordaan nie. Die uitdaging is om die Jordaan oor te steek, deurdat jy Vader se hart, liefde Sy nabyheid ontdek.