die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
Die tydlyn

Die tydlyn

Apr 2018 - Nov 2021
Sermons in this series
21-11-2021
Series: Die tydlyn
Duration: 52 mins
DIE TYDLYN 161: VLEES EN GEES - OPPONENTE OF SPANMAATS? Paulus se betoog is teen die mens se eie futiele poging om waardigheid voor God te probeer verdien deur die werke van die Wet. Wanneer hy van vlees praat bedoel hy eie poging teenoor Gees - God se sukses teen sonde deur die offer van Sy Seun. Lees ons Romeine 8 in die lig besef ons dat ons stryd nie teen ons liggaam en biologiese lewe en behoeftes is nie, maar teen die trots wat geregtigheid deur geloof weerstaan en daarop aandring om deur die wet waardigheid te probeer verdien.
14-11-2021
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 2 mins
DIE TYDLYN 160: Bekering - Die Sleutel tot die lewe. Ons het saam met Christus gesterf, is dus vry om aan 'n ander te behoort. Die' ander' is die wet van die Gees van die Lewe. In hierdie bestel is geen veroordeling nie. Die groter genade is die oorwinningslewe wat ten spyte van aanslae van buite my lewe bestuur. Bekering, om saam met God oor myself te dink, laat my die dinge van die Gees bedink; onder andere dat die Gees wat in my woon dieselfde Gees is wat Jesus uit die dood opgewek het.
06-09-2020
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 3 mins
Die profesie van Joël gaan in vervulling soos die feeste van Israel een na die ander in en deur Jesus vervul word!
19-01-2020
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 58 mins
Dit is elke mens se voorreg om uit die gevangenis waarvan die deur oopgesluit is te stap.
12-01-2020
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 16 mins
Verhouding bring vervulling, gesag en getuienis. Dit leer ons om te fokus op wat ons kan doen en nie te verknies oor wat ons nie kan doen nie.
05-01-2020
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 7 mins
Die openbaring van die kruis en die opstanding - kennis of openbaring?
29-12-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 54 mins
Johannes die Doper se trooswoord gaan verby die kruis tot by ons vandag
22-12-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 12 mins
Ons kyk na 'n paar hoogtepunte in die Woord van 2019. Die Rots (Christus) is besig om dit wat van Nebukadneser se beeld oorgebly het in ons lewens fyn te maal. Soos dit gebeur kry rus nuwe (sy ware) betekenis.
15-12-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 2 mins
Alles wat ons in die tydlyn leer dui op' n liefde volle hemelse Bruidegom wat verhouding met Sy bruid, die mens, soek. Geregtigheid is nie die doel nie - verhouding is. Geregtigheid is die middel tot die doel!
01-12-2019
Series: Die tydlyn
Duration: 1 hr 11 mins
Maleagi (boodskapper) som eintlik die OuTestament op. 'n Liefdevolle Bruidegom wat weer en weer toenadering soek tot Sy bruid maar sy wat in plaas daarvan om die liefdespel met Hom te speel eerder Sy motiewe bevraagteken.