die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Warning

The security token did not match. The request was cancelled to prevent any security breach. Please try again.
×

Error

The teacher you requested is not available.

Latest sermons by
24-04-2016
Passage: Matthew 16:26
Duration: 57 mins
Wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld wen maar aan sy siel skade ly. My siel verteenwoordig my lewe. Ons praat oor 'n dinamiese verhouding met die Persoon van die Heilige Gees. Oorwinning is nie uitgestel nie - dis vir nou! Hy oortuig, openbaar, en is die oorwinning in my! Sy vrug sal uit die verhouding al hoe meer sigbaar word. Daarby waarsku Hy my teen gevaar!
17-04-2016
Duration: 1 hr 17 mins
Daar's baie verskillende Godsdienste, maar net een evangelie. Godsdiens = 'n Diens wat ek vir God lewer, iets wat jy vir God doen. Evangelie = Wat God vir my/jou gedoen het. Ou testamenties het ons God gedien, Nuwe testamienties wandel ons met God, dis Sy droom vir elkeen van ons! Piet deel die sewe sleutels om God se droom te leef - 1. Versoen 2. Verlos 3. Vergewe 4. Verander 5. Vernuwe 6. Vervul 7. Verlig
10-04-2016
Duration: 1 hr 5 mins
Ons het reeds gekyk na die verskil tussen "wedergeboorte" = Jesus se geboorte van bo (uit die Gees) en Geesgeboorte = ons wat God glo dat Jesus se offer ons waardig gemaak het en op grond daarvan met vrymoedigheid die Gees van God verblyfreg in ons reingemaakte liggame (tempels) gee. Omdat mense dit verkeerd verstaan, is daar baie wat Jesus "aanneem" sonder om Hom te glo! (Hulle glo wél ín Hom!) God se Gees betrek ons net as daar opregthied van hart is! So baie mense is voorgesê dat hulle kinders van God is op grond van ‘n gebed wat hulle agter iemand aan gebid het sonder dat hulle ‘n getuienis van die intrek van die Heuilige Gees het. Die wat wél die Heilige Gees ontvang het kan egter die prooi bly van die leuen dat hulle sondaars voor God is en altyd vrees, afstand en onvrymoedigheid beleef of hulle kan, soos die Galasiers, hulle weer laat mislei deur wettisisme nadat hulle die vryheid van die Gees beleef het! Paulus vergelyk hulle met Ismael teenoor Isak. In ons lewens laat ons soms areas toe waarin ons weer Ismael leef! Dit kos ons oorwinning!
03-04-2016
Duration: 59 mins
Baie gelowiges worstel met 'n gebrek aan oorwinning in hul daaglikse lewens. 'n Moontlike rede is, dat ons "verhouding" eerder gemodifiseerde gedrag is as om versoen te wees met die nuwe skepping. Daarvoor is die plofkrag van God se Gees nodig - die ware geesgeboorte!
27-03-2016
Duration: 1 hr 9 mins
Geregtigheid is nie iets wat ek ontvang en ook het nie. Geregtigheid is die Nuwe Testamentiese definisie van die mens! Versoening met die Here wat my gedefinieer het, en ook my geregtigheid is, is net moontlik as ek met Hom kan saamstem oor die prestasie in Sy dood en opstanding wat Hy namens my behaal het. Die resultaat sal 'n lewe wees wat vrugte dra wat by die bekering (veranderde denke) pas.
20-03-2016
Wat ons sien en hoe ons onsself sien bepaal ons rigting en ons lewe. Ons het die voorreg om soos hy te sien en daarvolgens te lewe. Christus in ons die hoop op heerlikheid. Kom ons vernuwe ons denke sodat ons anders dink en praat. My begeerte is 'n lewende verhouding met die lewende God sodat lewende water uit my binneste vloei wat 'n positiewe verskil gaan maak met wie ek ookal te doen het!
13-03-2016
Soos wat sonde die oorsaak was dat God en mens van mekaar geskei is, is geregtigheid die "gom" - die herstel waarmee God die mens in Sy Seun weer aan hom verbind het. Uit die oortuiging van die waarde van die offer word die liefdesverhouding herstel wat die simptome van God se lewe in ons sal dra. Ons leefwyse sal dus korrespondeer met wie ons is. 'n Lewe van geestelike mislukking en frustrasie dui slegs daarop dat ons die boodskap nog nie verstaan nie - die openbaring daarvan nie het nie.
06-03-2016
Anton deel met ons oor die suigstokkies van die lewe.
28-02-2016
André deel met ons oor die nuwe generasie, die nuwe liefde.
21-02-2016
Ingesluit in die pakket van die geregtigheid van God, vind ons alles wat nodig is vir die oorvloedslewe hier en nou - en uiteraard die voortsetting van die ewige lewe wat reeds nou begin het in die ewigheid. Die oorvloedslewe vir nou kan ons saamvat as Beskerming, Genesing en Voorsiening. Hierdie drie vloei vanuit en manifesteer deur verhouding. Van die begin af hou God aan ons die twee weë voor - Die lewe en die dood, die seen en die vloek, die boom van kennis of die boom van die lewe. Psalm 1 spel die twee weë nogeens uit. Hy eindig met: Die sonddaar kan nie bestaan in die vergadering van die regverdige nie. Die keuse is weereens: Sondaar of regverdig! Die hoë weg van geregtigheid is verhouding. Daaruit vloei die lewe in oorvloed..Die manifestasie van die drie waarin ons oorlewing lê, sluit nie noodwendig verhouding in nie, maar verhouding sluit al drie komponente van oorlewing in. Dit laat my opvaar met vleuels soos die van 'n arend, laat my sit in hemelse plekke en vanuit daardie posisie kan die slaggate van die lewe - wat nog daar is - geen invloed meer op my oorvloedslewe uitoefen nie!