Sonde (ha+meros) = verlies aan vorm – die vorm van gesag waarin God die mens aangestel het. Jesus het sonde geword sodat ons kon word Geregtigheid van God in Hom. (2Kor 5:21) Geregtigheid gee ons ‘n stand om in vrymoedigheid weer met Hom te wandel! Geregtigheid (stand) + wandel = gesag!(alle mense is regverdig gestel in Jesus Christus, (Rom 5:18) maar nie almal het gesag nie. Gesag kom uit die wandel in geregtigheid! Volhoubare wandel ontwikkel uit die ontdekking van ons nuwe ID. Dit is die klem van ons prediking! Dit laat die mens toe om te kies en volgens die keuse op te tree! Geen dreigemente of straf! Dit is die bediening van die Nuwe Testament
Of:
Mens sou kon terugkeer onder die Wet met vrees vir straf en vinnig die dissipline herstel/vestig! Dit is Ou Verbond prediking. Maar laat NT prediking die gemeente dan tugteloos?Teregwysing en onderrig (tugtiging) is essensieël deel van NT prediking!
Series:Wandel
Duration:1 hr 15 mins