11-09-2020
Lesing 1 - VERVULLING IS DIE NUWE VOLMAAKTHEID
06-09-2020
Die profesie van Joël gaan in vervulling soos die feeste van Israel een na die ander in en deur Jesus vervul word!
30-08-2020
JESUS SE BEDIENING NA SY OPSTANDING
Ons kyk na die parousia (aangesig tot aangesig) momente van mense (ons) aan wie Hy verskyn het na Sy opstanding.
23-08-2020
Die opstanding:
Paulus vat die hoofmoment van die opstanding vas in een Skrif: Rom 4:25. Sy opstanding het gevolg op ons regverdigmaking! God kon Hom eers uit die dode opwek toe die volle prys vir ons regverdigmaking betaal is. Sy opstanding is dus die kwitansie of bewys van ons stand van geregtigheid voor God.
16-08-2020
Die gebeure rondom Golgota was die waterskeiding in die mens se bestaan. Jesus se dood en opstanding kry eers werklik waarde wanneer ons oortuig is van wat Hy kom doen het met ons en vir ons.
09-08-2020
Die Naam is soos entstof wat ons beskerm teen aanslae van buite. Die weerstand dra ons binne onsself sodat ons nie onverhoeds betrap kan word deur die aanslag van die vyand nie.
02-08-2020
Dit is hierdie Naam wat vandag en elke dag ons sekuriteit vir lewe is. Die vyand gebruik mense en gebeure om in 'n poging om my belydenis in verloën te verander. Dan kan hy my ook steel, slag en verwoes.
26-07-2020
Die salwing is wat die juk laat afgly. (Jes 2) Die voorreg is dat almal toegang het tot die eersterangse intieme verhouding met die inwonende Heilige Gees sodat die strome van lewende water uit die fontein in ons kan spoel
19-07-2020
Aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, omdat die Wet niks volmaak gemaak het nie, aan die ander kant is daar 'n invoering van 'n beter hoop waardeur ons tot God nader. HEB 7:18
12-07-2020
Die integriteit en waarde van Jesus se offer word al sedert Sy opstanding aangeval om dit te verkleineer. Geregtigheid word verdun deur net, selfs net 'n klein bietjie werke by te voeg. Ons is Sy getuies!