12-02-2017
Die voorsetting van die inruil proses - Om gehoorsaamheid in te ruil vir oortuiging.
15-01-2017
Vir God se seën (lewe) om te manifesteer is twee venote nodig - God wat gee en die mens wat deur geloof ontvang! So word die Woord vlees soos wat ons gesien het in die Skepping, die vleesgeworde Woord ( Seun) ens. Maar eers moet die vlees (denke) in ons Woord word - met Woord vervang word!
25-12-2016
Gesag is deel van ons erfenis.
DIe vyand sal ons gesag teiken om beheer oor ons en ons omstandighede te verkry. Hy doen dit deur die waarheid in ons met sy leuns te vervang.
Bewaar die waarheid!
18-12-2016
Beide Paulus en Jakobus is oortuig dat ons verhouding met die Gees van God in ons maak dat negatiewe omstandighede ons nie van stryk kan bring nie, trouens dit ontwikkel slegs lydsaamheid en beproefdheid in die wat in verhouding volhard! Die Gees vind 'n toegang tot ons denke soos die twee in ons lewens ontwikkel!
11-12-2016
Die terugslae van 2016
Ons publiseer graag ons suksesse maar swyg liewer oor ons neerlae. Saam met soveel seën het ons in hierdie jaar ook terleurstellings in geloof beleef. Hoe verklaar ons dit aan die hand van die Skrif en hoe vermy ons dit in die toekoms?