die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
×

Warning

The security token did not match. The request was cancelled to prevent any security breach. Please try again.
×

Error

The teacher you requested is not available.

Latest sermons by
20-03-2022
Duration: 34 mins
" 'n Goddelike dag" Beleef die volheid van God vandag en lewe in Sy oorvloed.
13-03-2022
Duration: 1 hr 4 mins
DIE TYDLYN 175 - (EFÉSIËRS) GESEËND MET ALLE GEESTELIKE SEËNINGE. Opvolgend op sy briewe aan die Kolossense en Filémon verskuif Paulus die klem in sy brief aan die Efésiers na die verborgenheid t.o.v die gemeente as God se werktuig om Sy voorneme tot uitvoering te bring.
06-03-2022
Duration: 1 hr 3 mins
DIE TYDLYN 174: Alles wat goed is, is in jou! Fil. vs 6. God se Gees in ons het ons gelaai met alles wat goed is. Intimiteit met Hom ontsluit daardie enorme potensiaal.
27-02-2022
DIE TYDLYN173: DIE HOE VAN INTIMITEIT MET GOD. In ons soeke na intimiteit is ons soms geneig om "weesdinge" te verruil vir "doendinge". Ons maak van goeie werke opdragte in plaas van vrugte en slegte werke wil ons met reëls en wette uitbestuur. As jy oortuig is van jou absolute waarde voor God gee dit vrymoedigeid tot verhouding. Intimiteit vloei uit eenwees met die verborgenheid - die Gees van God binne in jou. Soek intimiteit met God (Heilige Gees) in jou, wees net daar en beskikbaar om oorweldig te word deur Sy karakter en liefde. Intimiteit lê nie in emosie en aksies hemel toe nie, dit is binne in jou in interaksie met God se Gees.
20-02-2022
Duration: 1 hr 6 mins
Dié WOORD : Maak dit my vrymoedig of gee dit my selfvertroue? Het dit my behoefte bevredig of my vervul? Wat is my sekuriteit? JEHOVAH JIREH!
13-02-2022
Duration: 1 hr 1 min
DIE TYDLYN 172 - WAT JY GLO, SÊ NA WIE JY LUISTER - GESAG Paulus waarsku die gemeente teen drogleringe wat goed lyk maar niks anders is as 'n Jesus plus evangelie nie. Hulle het 'n besnydenis nodig - die keer van die hart, om in denke een te wees met die volheid van die Gees wat inwoon.
06-02-2022
Duration: 54 mins
DIE TYDLYN 171: ONDER WIE SE GESAG IS JY? Paulus is op pad Rome toe, onder Romeinse gesag deur nie na die waarskuwings van die Gees te luister nie. Tog bly God getrou - hy neem gou die leierskap op die skip oor sonder om die kaptein te onttroon. Uiteindelik in Rome word hy onder huisares geplaas en skryf vandaar sy briewe aan die gemeentes in Kolosse, Efése en aan Filemon. Die gemeente in Kolosse worstel met valse leringe wat Jesus se Goddelikheid en verlossing aantas met 'n bydrae van die mens se kant. Paulus verdedig die Evangelie van waarheid.
30-01-2022
Duration: 1 hr 6 mins
DIE TYDLYN 170: Intimiteit - die sleutel tot gesag. Betekenisvolle verhouding in die huwelik lei tot intimiteit. Netso met ons geestelike huwelik met God se Gees. Deur intimiteit word ons gelaai met die saad van die Woord wat in staat is om die tronke waarin ons kan bevind se fondamente te skud en deure te ontsluit.
23-01-2022
Duration: 1 hr 4 mins
DIE TYDLYN 169: PAULUS 'N MAN MET 'N MISIE. Ons sou die Evangelie, wat die drywer is in Paulus se lewe, kon opsom in 3 afdelings: waarde, verhouding en daaruit gesag. Dit is die essensie van die oorvloedslewe.
16-01-2022
Duration: 54 mins
DIE TYDLYN 168: DIE KONINKRYK VAN GOD ... Is nie die nakom van 'n stel reëls nie, maar die aktivering van die fontein van lewende water uit ons binneste.