die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS
Latest sermons by
19-02-2017
Duration: 1 hr 8 mins
Jesus eggo Sy Vader se begeerte dat ons Hom in Gees en Waarheid aanbid (Joh 4:24) Hy rus ons toe met Sy Heilige Gees wat die Woord in ons harte soos warm brood oopbreek. My keuse is om toe te laat dat Sy woord woning maak in my denke (Joh 14) Kritiek in ons harte teenoor mense, die land ens. roof ons van hierdie lewe in vryheid! Wie dans op die vloer van my denke? Die Woord en die Heilige Gees of kritiek en vleeslikheid? NET ek kan kies wie!
05-06-2016
Duration: 1 hr 8 mins
Ek skaam my nie vir die evangelie (goeie nuus) nie, want dit is 'n krag tot redding (gesonde denke) vir elkeen wat glo. Dit is dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het wat in my woon!!! Wow!!! Vanuit hierdie krag is ons Sy getuienis. Wat 'n onmeetbare voorreg , maar ook verantwoordelikheid. Jer 15:19 Kom ons bring voort wat edel (rein,suiwer) is en niks onedel nie...dan sal ons soos Sy mond wees!
20-03-2016
Wat ons sien en hoe ons onsself sien bepaal ons rigting en ons lewe. Ons het die voorreg om soos hy te sien en daarvolgens te lewe. Christus in ons die hoop op heerlikheid. Kom ons vernuwe ons denke sodat ons anders dink en praat. My begeerte is 'n lewende verhouding met die lewende God sodat lewende water uit my binneste vloei wat 'n positiewe verskil gaan maak met wie ek ookal te doen het!