by Jan Brand
REGSTELLENDE AKSIE & BEMAGTIGING (1) STRYD: LIG VS DUISTERNIS (JAN BRAND)
Ons is in SA met die terme bekend sedert 1994. Die verkiesing moes almal gelyk stel en aan elkeen die geleentheid gee om sonder beperking deel te neem aan die ekonomie van die land. 'n Soortgelyke regstelling het plaasgevind 2000 jaar gelede met Jesus se sterwe en opstanding. Daarmee het God ons weer reggestel aan Sy beeld en gelykenis en ons bemagtig tot onbeperkte deelname aan die koninkryk van God op aarde. Beide die prosesse is gekaap - God se regstelling deur godsdiens, wat mense in jul eie gemoed sondaars gehou het en hulle so ontmagtig het om deel te wees van die koninkryk. Netso in SA met die politici wat mense in hul eie gemoed gevange hou as benadeeldes/ agtergeblewenes en hulle so verlam om aan die ekonomie deel te neem. Uiteindelik geld die reël: jy is 'n slaaf van die een wat jy glo!
Duration:1 hr 0 mins