by Jan Brand
Ons het reeds gekyk na die verskil tussen "wedergeboorte" = Jesus se geboorte van bo (uit die Gees) en Geesgeboorte = ons wat God glo dat Jesus se offer ons waardig gemaak het en op grond daarvan met vrymoedigheid die Gees van God verblyfreg in ons reingemaakte liggame (tempels) gee.
Omdat mense dit verkeerd verstaan, is daar baie wat Jesus "aanneem" sonder om Hom te glo! (Hulle glo wél ín Hom!) God se Gees betrek ons net as daar opregthied van hart is! So baie mense is voorgesê dat hulle kinders van God is op grond van ‘n gebed wat hulle agter iemand aan gebid het sonder dat hulle ‘n getuienis van die intrek van die Heuilige Gees het.
Die wat wél die Heilige Gees ontvang het kan egter die prooi bly van die leuen dat hulle sondaars voor God is en altyd vrees, afstand en onvrymoedigheid beleef of hulle kan, soos die Galasiers, hulle weer laat mislei deur wettisisme nadat hulle die vryheid van die Gees beleef het! Paulus vergelyk hulle met Ismael teenoor Isak.
In ons lewens laat ons soms areas toe waarin ons weer Ismael leef! Dit kos ons oorwinning!
Duration:1 hr 5 mins