die goeie nuus

DIE CHRISTUS GEMEENTE IN VAALHARTS

Nuutste Woordopnames

Filter media by:
20-07-2025
Duration: 44 mins
ONS VERBINTENIS MET DIE EWIGHEID. Die lewe daag ons uit met baie vrae. Waarom sien ons geloofswonders in sommige gevalle maar nie in alle gevalle nie? Ons het 'n aanspraak op God se beloftes en Woord in die vlees (sigbare) wêreld waarin beskerming, genesing en voorsiening belangrik is), maar ons het ook 'n aanspraak op die Ewigheid deur ons verhouding met die Ewige in die onsigbare/ toekomstige wêreld. Om te sterf is 'n groter mylpaal as om te oorleef deur 'n wonder! ons oorlewingdrang gaan ons laat soek na dié wonder maar wanneer dié wonder (bv. van genesing) ons ontwyk word ons deel van die groter wonder van die ewigheid met Hom!
13-07-2025
Duration: 58 mins
DIE MOSES GENERASIE - BESNYDENIS VAN DIE HART By Sinai moes Israel die verbondsteken (vorm) vir verhouding verruil. Hulle het gekies om by vorm te bly. Godsdiens (vorm) moet in ons geval ook verruil word vir verhouding.
06-07-2025
Duration: 1 hr 5 mins
REKENSKAP 12- DIE MOSES PAD. Hoe vêr gaan ons verhouding met God? Is ek tevrede om 'volk' te wees of sal ek toelaat dat God met my 'n Moses pad loop. (JAN BRAND)
29-06-2025
Duration: 44 mins
REKENSKAP 11:GEBED (3) - GOD SE GESPREK MET MY (JAN BRAND) 'n Liefdesverhouding het twee partye. Gebed is meer luister as praat. Ons mag nodig hê om terug te keer na ons eerste liefde. God verwyt nie - Ons kan verwag om oorweldig te word deur die heerlikheid van Sy teenwoordigheid.
22-06-2025
Duration: 1 hr 5 mins
REKENSKAP 10 - GEBED (2)-ONS IN GESPREK MET GOD (JAN BRAND) Nuwe Testamenties vra ons nie meer vir wat God reeds gegee het nie, ons roep nie meer hemel toe nie, want Hy is in en by ons. Ons lewe word 'n voortdurende tweegesprek met die Gees van God in ons. Ons vrymoedigheid in die verhouding hang direk af van die mate wat ons wandel ooreenstem met ons volmaakte stand.
15-06-2025
Duration: 52 mins
DIE KERN VAN ONS OORWINNINGSREIS (5): 'N LEWE IN EN MET JESUS. Neem besit van jou volle erfenis in Jesus en ervaar wat dit beteken om sorgeloos-veilig in Hom te wees.
08-06-2025
Duration: 1 hr 7 mins
REKENSKAP 9 - GEBED-IN GESPREK MET GOD! (JAN BRAND) Die openbaring van God se geregtigheid teenoor die lering van sondaarskap bring noodwendig vrymoedigheid en 'n verandering in ons gesprek met God se Gees hier binne in ons. Dit is egter net leë woorde as ons nie aktief en bewustelik ons wandel in pas bring met ons volmaakte stand voor God nie.
01-06-2025
Duration: 57 mins
OORWINNINGSREIS (4) - EK GEE DIE OORWINNING IN JOU HAND Kyk en sien dat Jesus die oorwinning reeds behaal het. Met die volheid van Sy Gees in ons, kan ons nou die oorwinning in ontvangs neem.
25-05-2025
Duration: 1 hr 2 mins
REKENSKAP 8 - UITVERKIES - HEMEL EN HEL (JAN BRAND) God maak dit duidelik regdeur die Skrifte dat Hy vír die mens is - die mensdom in Sy Seun uitverkies het vir verhouding met Hom. Hy is geen aannemer van die persoon nie en soek slegs onverdeelde harte.
18-05-2025
Duration: 1 hr 5 mins
REKENSKAP 7 - DIE DOOP EN NAGMAAL Die sogenaamde sakramente: Doen ons dit as rituele (vorm) of uit verhouding?